R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Op die klein, swart en wit argieffoto met die gekartelde randjie staan ek en Sus langs die amandelbom in ons agterplaas om die gebeurtenis van ons eerste langbroeke te verewig. Ongelukkig is daar nie ‘n datum agterop nie, maar ek skat dit was kort na my pa se dood toe ons onderskeidelik elf en twaalf jaar oud was.
Nie een van ons lyk vreeslik opgewonde nie en soos gister nog, weet ek waarom my kieste opgeblaas was. My broek was van egte wol materiaal – wat daardie tyd ‘n algemene materiaal in die winkels was – gemaak. Dit was so ‘n vaalbruin kleur met vier diep plooie aan die voorkant wat pof gemaak het as mens gaan sit, maar dit was nie die ergste nie. Die krap van daardie materiaal teen my bene was so irriterend dat ek reken dit was die eerste en laaste keer dat ek die wolbroek aangehad het. Ek onthou van geen ander langbroeke tydens ons kinderjare nie. Ons het ons tienerjare betree met die aanvang van die mode-rewolusie waarvan die Beatles, Mary Quant en die hippies die toon aangegee het. ‘n Nuwe sintetiese tekstiel, Crimplene, het van winkelrakke af gevlieg. My eerste crimplene-rok was regaf en mosterdkleurig met militêre detail : opstaan-kragie en epoulette, kompleet afgerond met brons, militêre tenue knope.
Maar...crimplene was rekbaar en het hom perfek geleen tot die nuwe mode van Jean Shrimpton se styfpassende langbroeke wat van onder die knie af in ‘n wye flare uitklok.
Ek en Sus het ‘n langbroekpatroon by Harris se winkel gaan koop ons eie nuwe patroon ontwerp. Mammie het gekla oor die baie materiaal wat sy moes koop, maar het dit tog maar gedoen. Ek glo ons opgewondenheid was aansteeklik en sy sou beslis nie ons ontwerp-en-maak-talent wou smoor nie. Die middag toe ons haar met ons skeppings verras, was beslis nie wat ons verwag het nie. Afgesien daarvan dat sy al met die koop van die lap kapsie gemaak het teen wit as ons keuse, was die broeke vir haar net te noupassend oor die boude en bo-bene en die bloesies wat ons gedra het, heeltemal te kort. Dit het net té veel van ons lywe gewys. “Julle kan maar net sowel kaal loop.” Ons het Huisgenote uitgepluk en voor haar neus gehou, maar sy was gedetermineerd: “Julle gaan nie uit hierdie huis uit met sulke klere aan nie!” Natuurlik het ons haar wense eerbiedig vir sover as wat sy ons kon sien! Vandag kyk ek deur my ma se oë na die spanbroek-mode en ek het ten volle begrip. Met vandag se spandex wat baie meer elasties is as crimplene, eggo my ma se woorde: “Julle kan maar net sowel kaal loop.”
Dit wat in die 1980’s begin het as leggings as deel van gimnasium-drag, het wel die strate ingewaai, veral na die uitreiking van die fliek Flashdance waar die meisies dit onder hulle wye rompe gedra het. Jongmense het dit onder hulle minirokke gedra, met plat skoene as afronding, of onder lang, bonkige truie met stewels. Dit was steeds fatsoenlik, maar toe dit die verkope van denims verbysteek in die vroeë negentigs, het die modebase halt geroep. Dit het eers in 2005 weer kop uitgesteek, weereens as gimnasiumdrag om die onooglike joggers te vervang. Hierdie keer is dit met ‘n wraaklustigheid terug gevat strate toe. Alhoewel dit steeds verkoop onder die naam van leggings, wat veronderstel is om as onderklere en sportdrag gedra te word, het dit die tradisionele langbroek en jeans vervang om die eenvoudige rede dat dit baie geriefliker dra aan die lyf. Om nie agter te bly nie, het die vervaardigers van denim jeans hulle weergawe as jeggings op die winkelrakke begin plaas.
Ook die ontwerpers van mansdrag het ingespring en meggings ontwerp en die wêreld ingestuur. En so loop al wat bene het, ongeag van vorm of ouderdom vandag met ‘n tweede vel aan die onderlyf. Styf getrek deur al wat kloof is. Hooggespan om al wat bult is. Met die kort toppies wat hulle daarby dra, lyk die vroumense soos ‘n kameel-baba wat vir die eerste keer sy sagte voet op warm woestynsand neersit. Die mans vertoon asof hulle ‘n tros grootkorrel-druiwe gesteel het en op die mees onvanpaste plek weggesteek het. Ai, my ma, jy moet hulle nóú sien!
Carine Badenhorst
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.