Die Valentyns kys

Die Valentyns kys

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Carine Badenhorst se humoristiese praatjie het ons na ons eie Valentynsdae en die “kys-stories” laat terugdink,” vertel Elizma de Lange van die Bietoubos Damesklub van Perlemoenbaai en De Kelders. “Al was die sogenaamde ‘kys’ soms net as hy jou hand so terloops en sonder om iets te sê, ná skool vasgehou het!”

Carine het tydens hulle Februarie-byeenkoms as gasspreker opgetree en met die dames oor ontmoetings, verhoudings en uiteindelik oor sielsgenote gepraat. “Daar is dié sielsgenoot met wie jy jou gedagtes spontaan kon deel as jul bymekaar uitkom, al was dit glad nie gereeld nie; dan dié een wat met tussenposes onverwags met ‘n bos blomme opgedaag het; en dan dié een wat miskien nie so romanties of die spreekwoordelike ridder was nie, maar wat tog altyd daar was, wat ondersteun het en met wie jy uiteindelik die res van jou lewe kon deel,” het Carine onder andere gesê.

Elizma sê die gesigsuitdrukkings van sommige dames het duidelik getoon dat hulle ‘n ver pad in die verlede in hul gedagtes saam met Carine teruggestap het. Daar was ook weer ‘n geluks-lootjietrekking vir vonkelwyn en sjokolade, met Carina de Waal wat dit gewen het. “En dit was baie spesiaal dat sy dit moes wen, aangesien dit haar en De Waal se huweliksherdenking was,” sê Elizma.

‘n Bietoubosbyeenkoms sonder verversings sal nooit ‘n Bietoubosbyeenkoms kan wees nie. Die hartjie-southappies (Enna Lotz) op die tafels en die vrugteslaai met roomys, ingesluit die aangename geselskap, het alles tot ‘n feestelike viering van die lewe en die liefde bygedra.

Die Bietoubossers se volgende byeenkoms is op 10 Maart, wanneer daar onder andere na Paasversierings gekyk gaan word. Glenda Kitley, Bestuurder: Gansbaai Toerisme, sal die dames dan ook inlig oor Gansbaai Toerisme se groot planne vir 2015.

Belangstellende dames van De Kelders, Perlemoenbaai of Gansbaai wat meer inligting verlang of wat wil aansluit, kan die voorsitter, Annette van Zyl by 028-384-1075 kontak, of skakel vir Elizma de Lange by 028-384-1963.

Hardus Botha

Die Valentyns kys

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.