R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Op Woensdag, 4 Maart 2015 omstreeks 21:40 is ‘n 55 jarige man, Mziwosolo Lawrence Vuka, aangeval en op ‘n wrede wyse deur 4 mans met stokke bykans papgeslaan, wat kort daarna tot sy dood in Hermanus Hospitaal gelei het. Die tragedie het op die grondpad gedeelte van die nuwe pad tussen Kleinbaai en Franskraal afgespeel.
Hy is eers in die veld langs die pad geslaan, waarna hy weggehardloop het en oor die heining in die rigting van die grondpad gespring het. Hy is meedoënloos ingehardloop en verder geslaan.
Aldus ‘n mediaverklaring wat deur AO Wynand le Roux van Gansbaai SAPD uitgereik is, het die 4 verdagtes geëis dat die man perlemoen wat vermoedelik in sy besit was, aan hulle moes oorhandig. Kort daarna het ‘n voertuig op die toneel aangekom wat na bewering die 4 mans kom oplaai het. Die voertuig het op die grondpad in die rigting van Franskraal gery, maar toe hulle nie verder kon ry nie, het hulle omgedraai. Gansbaai SAPD-lede in ‘n polisievoertuig het die voertuig sien omdraai en onraad vermoed.
By nadere ondersoek is vasgestel dat die insittendes grond aan hulle hande gehad het, asook bloedmerke op hulle klere. Een van die insittendes het in die rigting van die slagoffer gestap en hulle het ontken dat dit bloedmerke is wat op hulle klere is.
Die polisiebeampte het nugterheid aan die dag gelê en die twee persone in die voertuig op aanklag van poging tot moord gearresteer. Die derde persoon, wat eerste uit die voertuig geklim het, het gevlug. Die slagoffer is per ambulans na Hermanus Hospitaal geneem, waar hy later aan sy wonde beswyk het.
Na verneem word kon die dokters nie verstaan hoe hy nog aan die lewe kon bly nie, aangesien die slaanplekke ernstige skade aangerig het. Veral aan die kant van sy kop was so ‘n diep duik ingeslaan, dat dit ‘n bult aan die anderkant van sy kop veroorsaak het.
Goeie speurwerk deur sers V Gcolotela en konst J Meyer van Gansbaai se Speurafdeling het daartoe gelei dat al 4 verdagtes in hegtenis geneem is.
Die 4 verdagtes het op Maandag, 9 Maart 2015 in Hermanus in die hof verskyn, waar hulle van moord aangekla is. Hulle is Xolisa Nzame (29), Avuyile Nzame (20), Fundile Nzame (34) en Ntsingiselo Mbuzeni (34), waarvan 3 se foto’s hiermee geplaas word.
Hardus Botha
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.