Perlemoenvrou se man vas

Perlemoenvrou se man vas

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die aanvallige blondekop sakevrou was nog die een oomblik op die boonste vloer in haar slaapkamer, en toe hulle weer kyk het sy spoorloos verdwyn. So sê twee bronne wat voor verlede Saterdagnag deel was van ‘n operasie om perlemoensmokkelaars in Bettysbaai vas te trek.

Die operasie is geloods na die polisie se AO Dippie Dippenaar en sy kollega, konstabel Geldenhuys inligting ontvang het dat daar onwettige perlemoen by ‘n eiendom in Myricastraat in dié kusdorp gestoor word. Hulle het dadelik Seevisserye en CapeNature in kennis gestel. By hulle aankoms is een van die grootste perlemoenvondse wat tot nog toe in die gebied gekry is, in vrieskaste buite die huis gevind - meer as 1500 perlemoene met ‘n geraamde waarde van sowat R200 000 sou dit in Gauteng gelewer kon word. Die huis, wat glo aan ‘n predikant van Robertson behoort, is die afgelope tyd deur Louis en Elizette Theart Steyn gehuur. Die egpaar is bekende gesigte op Kleinmond waar hulle vir ‘n tyd lank die bekende Boathouse restaurant in die hawe besit het. ‘n Nuwe eienaar het sedertdien oorgeneem. Louis Steyn is tydens die Saterdagnag se klopjag in hegtenis geneem en aangekla van die onwettige besit van perlemoen. Sy vrou, die aantreklike 45-jarige Elizette, het egter klaarblyklik soos mis voor die spreekwoordelike son verdwyn. Louis Steyn het die Maandagoggend in die landdroshof op Caledon verskyn en is daarna op Kleinmond aangehou totdat borgtog die Donderdag aan hom toegestaan is. Wat die storie buitengewoon maak, is dat die einste Elizette Theart Steyn (voorheen Marx) net meer as 10 jaar gelede op Gansbaai aan die spits van die grootste enkele perlemoensindikaat, wat op daardie stadium nog in die land oopgevlek is, was. Die sindikaat is aan die kaak gestel toe die destydse Skerpioene op 2 Desember 2002 in hul kenmerkende swart VW Golf die dorp binnegery en mense begin in hegtenis neem het. Uiteindelik is 33 mense gearresteer en sy is effektief tot 4½ jaar tronkstraf gevonnis. Daar is ook op haar bates wat ‘n dubbelverdieping huis in Gansbaai, talle luukse voertuie en bote ingesluit het, beslag gelê. Daar word vermoed dat die sindikaat tussen die jaar 2000 en 2002 soveel as 90 ton perlemoen uitgehaal en verkoop het. Die onwettige besigheid wat met deeglikheid deur Elizette en haar vier vroue luitenante bestuur is, het haar in ‘n kwessie van drie jaar van ‘n brandarm kelnerin by ‘n restaurant in Struisbaai in ‘n multi miljoener verander.

Elizette is na haar tronkstraf in 2012 met Louis Steyn getroud en hulle het aan die einde van 2013 die Boathouse restaurant oorgeneem. Dit is egter nie meer in hulle besit nie.

Gerard Grobler, Overstrand Herald

Perlemoenvrou se man vas

Gerard Grobler

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.