R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Eenmaal ‘n balletdanser, altyd ‘n balletdanser - selfs op ‘n hoë ouderdom en dalk net in die gedagtes. Lynette van Wyk, ‘n bekende in balletkringe waar sy vele hoofrolle in hoogaangeskrewe ballet-opvoerings wêreldwyd vertolk het, is onlangs verras met ‘n besoek deur een van haar oud-dansmaats, Michael Baker en ‘n vriend, Charl de Villiers, ‘n bekende chirurg, altwee van Kaapstad. Michael is in Nieu-Seeland gebore waar sy professionele balletloopbaan begin het. Later is hy na Suid-Afrika waar hy homself as ‘n professionele hoofdanser (“principal”) bewys het en in die meeste leidende klassieke repertoire saam met onder andere Margot Fonteyn, Eva Evdokimova en Merle Park gedans het. Sy besoek aan Lynette was vir haar ‘n onvergeetlike gebeurtenis en sy het sommer etlike ou spogfoto’s tevoorskyn gebring om haar optredes saam met Michael trots te vertoon. “My asem was skoon weggeslaan oor die groot hoeveelheid ballet-video’s van ons vorige optredes, asook andere, wat Michael as ‘n geskenk aan my saamgebring het,” vertel Lynette. “Ek kan nie wag om na almal te kyk en dit ook aan andere te wys nie.” ‘n Heuglike kuierdag en aangename herinneringe vir ‘n passievolle mens wat, ondanks haar ouderdom, steeds aan haar droom vashou deur as mentor vir die jonger geslag op te tree om belangstelling vir ballet en dans te laat bly voortleef.
Hardus Botha
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.