Spencerstraat 13

Spencerstraat 13

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die boek, Spencerstraat 13, is op ‘n ware lewensverhaal van die skrywer, Frank Wolmarans van Franskraal se vader gebaseer. Frank en sy eggenote, Susan, het sy boek op 6 Maart 2015 in die Birkenhead Boothengelklub se saal tydens ‘n geselligheid bekendgestel. Die uitgewer, Johan Coetzee (De Kelders) van Naledi Uitgewers, asook die drukker, Kevin Manuel van J Taylor Pre-Print Solutions was onder die eregaste. Johan het agtergrondinligting oor die proses vanwaar die gedagte vir ‘n boek ontstaan tot by die uitgee daarvan aan die gaste oorgedra.

 “Boeke-maak is soos die beplanning en koms van ‘n baba en vandag is daardie baba gebore,” het Johan gesê. “Boeke kan lewens verander en wêrelde laat oopgaan.”

Frank het kortliks sy motivering vir die skryf van die boek verduidelik en gesê die skryf van hierdie boek was sy vader se wens wat hy nou vervul het. ‘n Verkorte weergawe van die boekresensie word hiermee weergegee: Die boek vertel ‘n unieke verhaal van hartseer, uithouvermoë, ‘n verhaal wat trane in jou oë sal bring….‘n Verhaal waar ‘n suigeling na sy moeder se dood deur kinderlose ouers aangeneem word. Die pyn word vererger deurdat die broer en susters deur verskeie ouers aangeneem word en letterlik van mekaar vervreemd word.

Die skrywer se vader, Frank William Wolmarans se begeerte was om sy verhaal op skrif te stel, maar as gevolg van sy kroniese emfiseem en sterfte het sy seun Frank onderneem om sy wens te vervul, met vele navorsingswerk wat gevolg het om die boek af te rond. Frank het uitgevind dat ‘n prokureur sy vader laat weet het dat hy moontlik sy biologiese familie opgespoor het en dat hy na Spencerstraat 13 moes gaan. Vele verrassings het daar gewag, onder andere dat hy en sy broer reeds vir 15 jaar vir die destydse Suid-Afrikaanse Spoorweë gewerk het, gereeld met mekaar gekommunikeer het en nooit geweet het dat hulle eie bloedfamilie is nie.

Frank (die skrywer) is ‘n boorling van Goodwood en het ná 24 jaar in die Staatsdiens afgetree om die sakewêreld te betree. Na ‘n suksesvolle 20 jaar tree hy af in Franskraal, met onder andere die begeerte om sy vader se wens te vervul. Spencerstraat 13 is by Nicolette Bosch van Gansbaai Book Exchange teen R129.00 beskikbaar.

Frank kan ook by 083-626-4587 gekontak word.

Hardus Botha

Spencerstraat 13

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.