Vandalisme teenoor hoë koste verfraaiing

Vandalisme teenoor hoë koste verfraaiing

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Dirk Crafford, Overstrand Munisipaliteit se afgetrede Operasionele Bestuurder en sy eggenote, Nadia, stap gereeld tussen De Kelders en Stanfordsbaai vir ontspanning. “Dit is skokkend om te sien hoe verwoestend mense met vandalistiese optrede kan wees,” vertel Nadia. “Onlangs is weer twee sementbankies by Stanfordsbaai uitmekaar gebreek.” Dirk sê dis erg om te sien dat Paul de Villiers bykans nie kan voorbly met herstel- of vervangingswerk as gevolg van blatante vandalisme nie. Baie moeite word in daardie area gedoen om dit gerieflik vir inwoners en besoekers te maak, soos onder andere nou weer die opknapping van houttrappies onderdeur die melkhoutbome, wat ook onder vandalisme deurloop. “Selfs sproeierkoppe se draadjies word gesteel in die hoop dat daar koper in is, wat lankal nie meer die geval is nie,” vertel Paul de Villiers. “Al is dit net die dun draadjies wat uitgeruk is, moet die koppe in geheel teen sowat R160 elk vervang word en onlangs weer is sowat R6,000 se skade by Gansbaai Getypoel as gevolg daarvan veroorsaak.” Hy sê hierdie is maar net een voorbeeld die afgelope tyd. “Die bankies waarna Dirk Crafford verwys wat gebreek word, se vervangingswaarde is sowat R850,” sê Paul. Die twee waterpompe, ook by Stanfordsbaai, se vervangingswaarde ná diefstalle was sowat R10,000, terwyl daar vir ‘n tydperk van drinkwater teen hoë koste gebruik gemaak moes word om die grasperke groen te hou. Selfs die vissersboot by die dorp se ingang, waar daar tans baie geld spandeer word, loop deur. “Hulle probeer die koperboute uit die hout kap, wat ‘n onmoontlike taak is, maar dit beskadig wel die pragtige boot wat nou so mooi oorgedoen word,” sê Paul. Kat Myburgh, Areabestuurder van die Overstrandse Munisipaliteit se Gansbaai Administrasie, het weer eens ‘n ernstige beroep op die gemeenskap gedoen om die munisipaliteit se oë en ore te wees en die beskadiging van eiendom summier aan te meld. “Sonder daardie samewerking sal die kostes van skade net eskaleer met alles wat vervang of herstel moet word.”

Hardus Botha

Vandalisme teenoor hoë koste verfraaiing

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.