R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Ds Dries Auret, wat op 30 Maart sy tagtigste geboortedag herdenk, se debuut digbundel het pas verskyn. Die titel van die bundel is Van Namakwaland tot Overstrand en bestaan uit 88 gedigte. “Baie van die gedigte is stories in rymvorm wat in Namakwaland, Namibië of langs die Overstrand afspeel,” sê ds Auret.
“Die gedigte, rympies, verse of wat jy dit ook al wil noem, handel oor ‘n verskeiden-heid van onderwerpe - vanaf die ou afgeleefde pelikaan by myl 14 in Namibië tot by die lastige bobbejane van Pringlebaai.”
Die bundel bevat ook gedigte oor natuurverskynsels soos die suidewind van Namakwaland, die sleepmis van Skuinsbaai en droogte, met ‘n viertal gedigte van verhale uit die Bybel. “Soos ‘n goue draad loop die gedigte met verlange deur my kinder-jare as plaaskind in Namakwaland,” sê hy. Daar is ook die tong in die kies gedigte soos Die Bulldozer, Huweliksplig en Amandla Nkandla. Dan is daar ook hartseer gedigte soos Die Weggooilam en By die Lykshuis en die bundel sluit met besondere ritte van die skrywer wat op RSG as "Saamry-briewe" gelees is.
Drie Feesboeke van gemeentes is ook deur hom geskryf en na sy aftrede volg Namakwaland se Jeugjoernaal, Deur Swaarkry Gebrei (2008); Kronkelpad van Garies tot Napier (2010); Kort Duskant Moedverloor (2011). “Ek beskou hierdie digbundel as my laaste pennevrug,” sê ds Auret. “Voortaan wil ek probeer om my tennis te verbeter.” Dan kry mens hom steeds langs die see met sy visstok en sy aas in 'n 20ltr verfblik wat hy sommer as stoel gebruik as die “ou bene” nie meer so lank wil staan nie.
Die digbundel is teen R100 by die NG-Kerkkantoor beskikbaar, of ds Auret kan daarvoor by 084-421-1138 geskakel word.
Hardus Botha
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.