Uilkraal Buurtwag voorbeeld

Uilkraal Buurtwag voorbeeld

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Vele vorige berigte sal bevestig dat Uilkraal Buurtwag sonder twyfel as ‘n voorbeeld vir Buurtwagte kan dien. “Uilkraal Buurtwag is gestig omdat misdaad, inbrake (±40 per maand) en diefstal handuit geruk het,” vertel Paul Venter, koördineerder.

“Ons het snags in ons huise bedreig gevoel en besluit iets moet daaraan gedoen word.” Hy sê verskeie vergaderings onder leiding van Sers Woens Basson het gevolg en die Buurtwag is gestig. Paul sê aan die begin het dit maar rof gegaan, maar aanvanklik met die karavaan en later die permanente kantoor het sake drasties verander.

“Overberg Distriks Munisipaliteit het tot ons redding gekom en die ou wassery gebou aan ons beskikbaar gestel, wat intussen herstel is dien ook as vergaderplek vir ons en Gansbaai SAPD, die nagskofwerkers se koffiedrinkplek, Uilkraal Kampvereeniging en kliniek.

Uilkraal Buurtwag is nou 3 jaar oud, met die laaste inbraak 2 jaar gelede en die laaste diefstal in Oktober 2014. Hulle toerusting het ook goed toegeneem: 11 kameras; lede wat met ‘n radio, fitslig (720 lume), pepersproei en uitkenbare Buurtwagklere toegerus is; 3 gholfkarre, elk met ‘n ‘n selfoon wat binne 30 sekondes inligting wat van kameras ontvang word, deur enige beweging  geaktiveer word (binnekort ook groter skerms vir foto’s); 4 wiel motorfiets vir vinige optrede; fietse vir dagpatrollies. “Ons kantoor is ook volledig toegerus met ‘n rekenaar, ‘n fotostaatmasjien en ‘n 42” TV skerm waarop fotos van kameras verskyn,” vertel Paul. “Hierdie toerusting is deur die gemeenskap geborg.”

Van die 555 huise het reeds meer as 400 by Buurtwag aangesluit. Huise wat aansluit word van ‘n Buurtwag indentifikasiekaart, waarop die erfnommer aangeteken is, voorsien. Wanneer ‘n huis besoek word, word die erfnommer op die selfoon aangebring waarna alle inligting van die huiseienaar op die selfoon verskyn.

 

Uilkraal word 24:00 bewaak en gereelde en ongereelde patrollies per voet, Gholfkar en per fiets word gedoen. Lede doen sowat 600 uur diens per jaar en die Gholfkarre sowat 150,00km gesamentlike kilometers per jaar. “Ons droom ons leef in ‘n veilige area, maar in Suid-Afrika is hierdie droom nie ‘n werklikheid en ons voel deurgaans bedreig deur persone wat ons aanval, beseer, besteel en die verkragting van ons vrouens en selfs jong kinders,” sê Paul. “Daarom is veiligheid die fondasie wat ons almal nodig het om aan te gaan met ons lewens en ‘n sterk gemeenskap te bou.”

Paul se wenke: “Ons denke moet verander: Dis net onsself wat dit veiliger vir ons kan maak; Ons moet anders dink, dan kan ons anders optree en sal ons in staat wees om ons veiligheids-omstandighede te verander; Ons fokus moet van misdaad na veiligheid verskuif; As ons iets wil hê, moet ons dit voor ons plaas sodat ons dit kan sien en daaraan werk; Ons moet kyk waarheen ons gaan en waar ons was; Ons moet kyk, oordeel en dan werk om ‘n beter area te skep waarin ons wil leef.”

Uilkraal Buurtwag se 24-uur “Rooi Telefoon” is 072-947-6147, of die gholfkar se selnommer, 076-188-9126.

Vir navrae kan Paul Venter by 076-795-1698 geskakel word, of stuur ‘n e-pos aan uilenwatch@gmail.com

Hardus Botha

Uilkraal Buurtwag voorbeeld

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.