R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gaan mense na ‘n dokter toe omdat hulle siek voel, of omdat hulle bang is dat hulle dalk mag siek wees of dalk nog op pad is om siek te word? Ek was seker maar as kind te veel deur my ma en haar dokter-baas beïnvloed, want ek moet regtig sommer swaksiek wees voordat ek gedagte aan ‘n dokter kry. In ons huis was ‘n kinderkoors van 104 grade Fahrenheit, wat nie met ‘n skuitige dop kasterolie gebreek kon word nie, miskien ‘n doktersondersoek werd. En selfs dan was ‘n Streptomycin of Penicillin inspuiting of twee genoeg om die olikheid te genees. Ons het nie pille in reekse gedrink nie; daarom dat ek tot vandag toe ook geen pille-mens is nie. Moeder het altyd gesê ‘n mens dink jouself siek en sy het haarself, as gevolg van haar moeilike omstandighede, as voorbeeld geneem. Gedurige kommer en stres is die grootste gif vir enige liggaam en die pilletjies is net krukke om die simptome te verlig. My ma se afhanklikheid van anti-depressante het my as tiener geweldig ontstel en ek glo dat ek onbewustelik ‘n renons daarteen ontwikkel het, alhoewel ek haar situasie verstaan het. Om daardie rede het ek die holistiese en spirituele roete verkies, eerder as om met elke pyntjie en vreemde gevoelte dokter toe te hardloop. Deur net te luister na wat ‘n mens se liggaam vir jou sê, is dit moontlik om verstellings te maak om weer op die regte pad te kom. Uiteraard verg dit ook kennis, maar kennis is my kos; ek is die ewige student, die een wat nooit sal graad vang nie, omdat ek ‘n lewenslange kursus volg.
Met die ouderdom saam kom daar onvermydelik dinge soos chroniese medikasies as gevolg van ‘n vroeëre ongesonde leefstyl. En daar gebeur ‘n natuurlike degenerasie van die liggaam en sy funksies. Dit is ‘n gegewe wat niemand kan vryspring nie. Niemand bly vir ewig jonk nie, al dwing mense hulle ou liggame in uitmergelende driekamp-byeenkomste in en al drink hulle die duurste voedselaanvullings onder die son. Ek het ‘n broertjie dood aan mense wat in hulle herfsjare sit en wag vir die swart kombers om op hulle te val. ‘n Mens moet jouself aanhou uitdaag, jou liggaamlike en verstandelike grense ‘n bietjie strek, maar sommiges vat dit net té ver, asof hulle wil bly klou aan ‘n aardse lewe. Dit gaan net nie gebeur nie.
My ouman het vroeg in sy lewe al moeilikheid met gout opgetel. Hoe meer ek hom gemotiveer het om die oorsaak vir homself uit te werk, hoe meer pille het hy gedrink. Dis tóé dat ons begin om saam met groentes te slaap. Die eerste was warm koolblare, met ‘n verband om die pyngedeeltes vasgedraai, wat ‘n paar kere gedurende die nag vervang moes word. Toe vertel iemand vir hom dit moes yskoue koolblare gewees het en my nagtelike voorbereiding verskuif van die ketel kookwater na die vrieskas. Die volgende groente-remedie was om deur die nag te detoks met gerasperde aartappel onder die voete. Die konglomerasie van lappe en sokkies en ou, geknipte handdoeke was binne die eerste uur van sy voete af, die hele bed vol aartappel. Rustelose bene. En ‘n paar aartappels minder vir die pot. Oplettend soos ‘n vrou maar is, het ek later ‘n paar kosse herken as oortree-kosse en ons dieet baie subtiel aangepas. Met sukses – vir hom.
Maar toe begin ek self pyne kry! Ek gaan slaap met aartappels in my bed, sommer ook die twee pers oermoere wat die baas my gegee het. En ek sny ‘n ui halfpad deur en sit dit op my bedkassie vir die sinuspyn wat my twee dae lank al teister. Die aartappels hou my meer uit die slaap as die pyn en na nag een, wat veronderstel was om vyf nagte te wees, gooi ek hulle uit die kooi en drink twee Panamors. Die ui het hard probeer, maar hy sou nooit hond haar-af gemaak het nie, want die “sinuspyn” se oorsaak was toe al die tyd ‘n te stywe kussing.
Groente hoort seker maar net nie in ‘n kooi nie en ‘n paar pilletjies op hulle tyd het ook ‘n plek in ‘n sogenaamde holistiese benadering tot gesondheid. Ek sê mos ek leer........
Carine Badenhorst
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.