R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Die Besigheidsliga, wat oor die afgelope sewe weke gestrek het, het op Woensdag 25 Maart tot 'n einde gekom. Hierdie kompetisie bring besighede op 'n sosiale vlak in verbinding met mekaar en nuwe vriendskappe word gesmee. Vriendskappe wat lank na afloop van die kompetisie nog staande bly. Die Besigheidsliga het ook tot gevolg dat 'n nuwe sportsoort aan die gemeenskap bekendgestel word en 'n belangstelling om op 'n meer permanente basis aan rolbal deel te neem word gekweek. Dat die Besigheidsliga 'n reuse sukses was, is om dit sagkens te stel. Alle deelnemers het dit geweldig geniet. Die kompetisie was deurgaans baie straf en die wenners is eers op die laaste dag van spel bepaal.
Die span van L en S Motors is as die algehele wenners bekroon, met in die tweede plek die span van Lumber City met Gansbaai Marine in die derde plek.
Die Plaatkompetisie is deur die Golf Klub gewen met die span van Omega B tweede en in die derde plek die span van Super Spar. Die skild is deur Gansbaai Petrol verower met Omega A tweede en in die derde plek Taurus Chemicals. Ons hartlike gelukwensing gaan aan elkeen van hierdie spanne.
Jaarliks word 'n sertifikaat aan die besgeklede span oorhandig. Hierdie jaar se wenners was die span van Gansbaai Marine. 'n Seldsame prestasie is die van 'nvoltal agt, waar al agt die balle van een span in een kop getel het. Hierdie jaar het die span van Lumber City hierdie prestasie behaal. Baie geluk ook aan hulle.
Baie dankie ook aan Kobus van Staden, Voorsitter van die Sakekamer wat namens die Sakekamer 'n paar woorde gespreek het. My hartlike dank gaan ook uit na al ons klublede wat hulle tyd so onbaatsugtig afgestaan het om van hierdie jaar se besigheidsliga so 'n wonderlike sukses te maak Baie dankie aan een en almal daarvoor. Aan die dames wat na elke dag se spel vir ons die heerlikste eetgoed voorberei het, Anchen, Mattie en Susetta julle het ons werklik bederf. Baie dankie vir julle harde werk.
Daarmee het die Besigheidsliga dan tot 'n einde gekom. Ons sien reeds uit na volgende jaar, waar die stryd om te bepaal wie van Gansbaai se besighede die beste rolbalspelers in hulle midde het, voortgesit sal word.
Rolbal groete tot 'n volgende keer.
Philip Malherbe
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.