R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Plaaslik word kanaal 71 op VHF gebruik veral by die Kleinbaai sleephelling. Volgens die Mariene Kennisgewing wat deur SAMSA uitgegee is, gaan kanaal 70 deur kleinvaartuie vir noodgevalle gebruik word. In plaas van mondelings `n noodboodskap uit te stuur gaan die volgende plaasvind.
Wanneer u met u boot op die see is en u kry te doen met `n noodgeval, word daar oorgeskakel na kanaal 70, die “mic” se knoppie word ingedruk en onmiddelik word `n noodsein uitgestuur (digitaal) tesame met u boot se koördinate (posisie) wat deur Kaapstadradio opgevang en na die naaste NSRI stasie herlei sal word. Hierdie stelsel tree in werking op 1 Julie 2015. Dit word van u as booteienaar verwag om voor die genoemde datum die 29 MHZ met die VHF radio te vervang. Op die voorkant van die VHF radio moet die letters “DSC” (Distress Signsl Channel) voorkom of wanneer u oorgeskakel het na kanaal 70, moet dieselfde letters op die skermpie van die radio verskyn.
Indien die genoemde letters nie op die radio voorkom nie, kan dit nie op u boot gebruik word nie, indien u wel so `n voorval teenkom kan u my skakel vir verdere ondersoek. Van my kant af vind ek dit baie vreemd dat die noodkanaal so naby die werkkanaal geplaas word, aangesien dit maklik kan veroorsaak dat `n vals noodsein uitgestuur kan word deurdat die skipper hom dalk op die verkeerde kanaal kan bevind en die knoppie druk om met iemand te gesels en sodoende `n geskarrel kan veroorsaak.
Ek doen `n beroep alle skippers om uiters versigtig te wees en te kyk op watter kanaal hulle is voordat die knoppie gedruk word om met iemand te gesels. Daar sal gekyk word na die verpligte radios op bote gedurende “surveys”, na genoemde datum en “spot checks” word nie uitgesluit nie.
Koos de Kock (SADSAA Ondersoek/Veiligheidsbeampte)
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.