R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Weer eens is ‘n boot gestroop. Wat gaan aan? In ‘n naburige dorp is so iets ongekends en die mense se bote staan buite sonder dat ‘n vreemde hand daaraan raak. Hier by ons is daar al soveel kere ingebreek en die bote word gestroop van goed soos petroltenke, visvinders, GPSe en omtrent enigiets wat verwyderbaar is. Die aantal diefstalle is belaglik en moet end kry. Dit lyk asof ‘n sindikaat ‘n besigheid daarvan maak en dis hoog tyd dat iets definitiefs daaraan gedoen word. Hierdie is natuurlik ‘n taak vir die polisie aangesien ‘n misdaad gepleeg word. Maar dit is ook so dat dit nie lyk asof die polisie effektief genoeg is om hierdie lafhartigheid hok te slaan nie. Indien die skuldiges hier lees, en ek kan my voorstel hoe hulle nou sal grynslag, (maar hierdie gelag is van pure onnoselheid), ek het nuus vir julle! Dit is logies dat julle in die donker rondsluip om goed van ‘n ander man te steel en geen respek vir iemand anders se besittings het nie. Lag nou, maar wees verseker een of ander tyd gaan julle vasgetrek word en julle sal dan die gevolge moet dra wanneer jy iemand vierkant in die oë moet kyk en nie agter die donker kan skuil nie. Wees gewaarsku! Hou liewer vrywillig op -- ‘n vriend is baie meer werd as ‘n vyand.
Gelukkig weet ons dat daar eerlike mense is wat vir hierdie lafhartige misdadigers geen ooghare het en ook nie met hulle geassosieer wil wees nie. Vir enigiets of iemand wat eerlik is, is hierdie rondsluipers in die donker baie versigtig. Ons vra hierdie eerlike mense om hulp. Enige potensiële slagoffer behoort bereid te wees om vergoeding te verskaf aan enigeen wat die nodige inligting verskaf om hierdie inbrekery tot ‘n einde te bring. Julle name sal weerhou word. --
Iemand wat al keelvol is
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.