R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Dit is nogal interessant om te sien hoe ontwikkel die gemeenskap hier voor jou op die skerm met die bydraes van gemeenskapsorganisasies oor hul bedrywighede. Dis 'n gesonde en bedrywige gemeenskap wat sy probleme aanspreek deur saam hande te vat om te speel en te werk.
Ongelukkig het almal nog nie terugvoering gegee nie en is daar nog skole en sportklubs se bydraes uitstaande.
Daar is soveel mense wat saamwerk om van die boek 'n sukses te maak dat dit byna ondenkbaar is dat iemand of 'n instansie nie deel word van die projek nie. Ons het dit nou al soveel maal gesê dat dit byna soos 'n refrein klink:
Die boek is deur die gemeenskap vir die gemeenskap!
En dan is daar weer ander wat ver buite die grense soveel moeite doen om deel van die projek te wees. Sampson Dyer se geskiedenis is afgehandel en daardie hoofstuk is reeds afgesluit, maar dit het my nog steeds gehinder dat daar geen foto van dié man, wat mens byna die stigter van die eerste industrie in ons omgewing kan noem, beskikbaar is nie. Nêrens kon ons een opspoor nie.
Selfs die nasate van Sampson Dyer (hier by ons in volksmond verander na Dyers) kon ons nie help nie.
Op 'n dag lees ek iewers iets raak. In Nantucket, 'n klein eiland dertig myl suid van Cape Cod in die Amerikaanse staat, Massachusetts, waar Sampson as harpoenier gewerk het, is daar 'n foto-museum. Ons stuur 'n navraag aan die kurator.
Ja, hulle het nou onlangs 'n portret ontdek wat destyds deur 'n baie bekende Chinese skilder van Sampson gedoen is en ons mag dit publiseer – teen vergoeding, natuurlik, skryf die kurator.
Ons is dankbaar en vertel haar sommer in 'n Strandveldse geselsbriefie meer as wat nodig is van die projek en sodra daar fondse beskikbaar is, sal ons dit oorplaas. Sy antwoord soos volg:
Dear S.D. Fourie:
I think in this situation, we can waive ALL fees. Forget the contribution.
A simple credit will suffice. We’re delighted that Sampson Dyer will be
included in your island history, as he should be.
Good luck with the book! Smooth sailing, Marie Henke
As mense uit Amerika 'n bydrae kan maak, kan Gansbaaise mense blaaie vol skryf, maar dit is nie wat ons soek nie. Slegs hoogstens 100 tot 150 woorde oor jou sportklub, skool of enige ander of vereniging of instansie. Soos byvoorbeeld die Rooikruis wat destyds 'n belangrike rol in Gansbaai gespeel het, die gholfklub wat tans 'n baie gewilde spel is en wat reeds uit die tagtigerjare dateer. Destyds was daar maar drie putjies.
Ons wil slegs weet waar het julle begin, waar staan die organisasie nou en watter soort fondsinsamelings hou julle. Fondsinsamelings lei tot feeste en feeste is sprekend van 'n dorp se kultuur. Destydse dorpsfeeste was kettie-skiet 'n baie gewilde stalletjie. Ek wonder of dit nog bestaan.
SD Fourie
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.