25 jaar gelede se hartseer

25 jaar gelede se hartseer

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die hartseer van ‘n tragiese gebeure 25 jaar gelede lê steeds diep in familielede se harte. ‘n Koerantuitknipsel (onbekend) van 2 April 1990 het na 'n grootskaalse soektog verwys, kort na die verdwyning van drie bekwame en gesoute vissermanne: Michael Newman (toe 39), Boetie Abrahams (toe 30) en Aubrey van der Raath (toe 33). Hulle was destyds bemanningslede van Matie Nowers van Ichtus Visserye se visserskuit, Michelle.

Hy het hulle as ervare vissermanne beskou en toe hulle sy perlemoenskuit vra om te gaan visvang, het hy volle vertroue in hulle gehad. Nadat onraad vermoed is, het twee Albatros-vliegtuie en ‘n reddingsboot van NSRI, asook Matie Nowers met sy boot, aan die soektog deelgeneem. Die vissermanne se liggame is nooit gekry nie. Gesinslede van die 3 vissermanne het hul verlange na 25 jaar soos volg aan Gansbaai Courant voorgelê:  

Van Boetie

Dit is nou 25 jaar gelede wat Henties Abrahams deel van 3 vissermanne was wat by Dangerpoint vermis geraak het. Dit was vir die familie ‘n tragiese gebeure omdat geeneen van hulle liggame ooit gevind is nie. Henties was een van vyf kinders, waarvan hy die jongste was. Sy ouers is altwee oorlede, asook twee van sy susters, met ‘n broer en suster wat nog oor is. Sy oudste broer, Leonard Abrahams, was ‘n bekende by Gansbaai Marine met 25 diensjare, asook sy suster, Annie Claassen met 17 diensjare. “Die familie wat agtergelaat is, mis jou baie, maar ons weet dat jy veilig is waar jy is. "Rus in vrede".

Van Clara May en Caroline Hendricks

25 jaar gelede verloor ons ons broers, Mike Newman en Aubrey van der Raath op ‘n tragiese wyse. Mike en Aubrey saam met nog ‘n mede-visserman het verdrink. Mike was een van ‘n tweeling waarvan die ander een nog leef. Mike word deur sy 3 broers en 2 susters oorleef, by name Clara, Johnny, Urban, Hendrik en Caroline. Aubrey word deur sy susters, Caroline, Elize  en Anetta oorleef, asook deur ‘n broer, Boet. "Die gemis is na al die jare steeds groot en julle plek is steeds leeg. Rus in vrede". 

Hardus Botha

 

25 jaar gelede se hartseer

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.