Kodenaam Icarus

Kodenaam Icarus

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Wat het geword van daardie ou spioene?

Vic Nel wou net ’n normale lewe lei, maar die laaste dae van die apartheidsregering het hom opgesaal met ’n klomp onsmaaklikhede wat sy gesin verwoes het, dinge waarvoor hy nooit om amnestie gaan pleit het voor die Waarheids- en Versoeningskommissie nie. Twintig jaar later verkeer hy in ’n staat van anonimiteit. Hy werk tans as gehuurde spiere vir enigiemand wat kontant betaal en nie vrae vra nie.

Dan verskyn Vic op die radar van sy vorige betaalmeester, die laaste apartheidsdirekteur van Nasionale Intelligensie. Vic moet hóm help om iemand op te spoor wat oor inligting beskik rakende die verdwyning van die Helderberg, daardie SAL Boeing 747 wat net verdwyn het.

Ongelukkig vir die huidige regering is hierdie inligting verdoemend vir ’n klompie mense in die ANC; ongelukkig vir Vic Nel ook, want nou wil meer as een persoon hom dood hê.

Wat het geword van daardie ou spioene, die manne wat ryk geword het uit die vorige bedeling se intelligensiedienste? Hierdie boek gaan krap so ’n bietjie rond en kom met ongemaklike antwoorde vorendag. 

Die reeks

Dit is die eerste boek in die reeks met Vic Nel as hoofkarakter. 

Die Skrywer

Henk Breytenbach is ’n debuutskrywer en word deur Chanette Paul aangeprys: “Dié skrywer het ’n heerlike skryfstyl en die droë humor is baie vermaaklik. Dis ook nie sommer enige skrywer wat dit regkry om ’n mens te laat hou van ’n man wat werklik nie die good guy is nie. Henk slaag egter uitstekend daarin om die sogenaamde flawed hero uit te beeld.”

Sy droë sin vir humor sorg vir genotvolle oomblikke in ’n Bonnie and Clyde-tipe storie.

Henk het ’n B.Sc. in rekenaarwetenskap. Hy en werk en woon in Hartebeespoortdam. Hy word veral geboei deur die wel en wee van voormalige agente van die formele intelligensie-agentskappe, die ou apartheidspioene, en wonder dikwels wat van hulle geword het. Dit is rype grond vir spekulatiewe fiksie en die resultaat is sy eerste spanningsroman. 

* * *

Kodenaam Icarus is by toonaangewende handelaars asook direk by LAPA Uitgewers beskikbaar. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za.

Kodenaam Icarus

LAPA

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.