R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Indien nie onbegryplik nie, bly dit tog raaiselagtig -- die makriel gee pad, miniatuur-snoekies byt skielik en Vrydag verander die storie onverwags. Daar is weer enkel makriele en mooi snoeke word gevang. En net een boot deel hierin! Moet seker maar toegeskryf word aan verskillende skole vis. Die watertemperatuur het darem verbeter. Maandag vang ‘n paar bote weer makriel dat dit hop!
Beplan jy dalk om ‘n boot aan te skaf? Hou gerus die volgende faktore in gedagte: Ons neem aan jy het navorsing gedoen en sal op die uitkyk wees dat die boot voldoen aan jou vereistes en in die regte prysklas val. Ook die toestand van die boot self sowel as die gereedskap moet in aanmerking geneem word. Die grootte van die motors is ‘n groot faktor. Dit is wys om die skipper van die boot byderhand te hê om die nodige inligting te bekom. Val die boot in jou smaak sal ‘n proeflopie agterna ook verkieslik wees.
Daar is wel iets wat ek van melding wil maak. Is die skipper/eienaar ‘n man wat al die spreekwoordelike sak sout met sy boot opgeeët en sy kwota vis gevang het, kan jy gerus na daardie snymerke op die kant van die boot kyk. Hulle is veroorsaak deur die lyn wat met die intrek van die vis, in die hout of nylon gesny is. En dis baie jare se werk en plesier. Hoe meer en dieper die snye, hoe meer vis is gevang en daar is baie stories te vertel. Dit sal ‘n ou boot wees en koop jy hierdie boot, gaan ook ‘n gedeelte van die booteienaar deel daarvan wees. In hierdie geval sal die, kom ons noem hom die skipper, al redelik gevorderd in jare wees en die rede vir die verkoop nie omdat hy ‘n ander boot gaan aanskaf nie, maar omdat dit noodgedwonge gedoen word. Let ook op na die naam van die boot -- baiemaal weerspieel dit iets van die skipper se persoonlikheid.
Terwyl jy om die boot loop en hier en daar kyk en voel sal die skipper iewers agter jou wees met die een hand wat so sleep-sleep op die kant van die boot met ‘n veraf kyk wanneer dit kom by daardie kerfies -- en jy kan seker wees dat in hierdie kort tyd baie herinneringe voor hom sal opdoem.
Dit is skippers soos hierdie wat gedwing word om te verkoop en die onvermydelike moet aanvaar dat die toekoms baie anders gaan wees. Die geld is in sommige gevalle bysaak en die verkoop ‘n kwessie wat die hart raak.
Let bietjie op, veral wanneer hy so bietjie afdwaal, en sien daardie nattigheid in sy oog. Dis wanneer die skipper en sy boot amptelik afskeid van mekaar neem. Gun hom bietjie tyd, hy lyk maar so braaf. Bootkoop beteken meer as net kyk en betaal. Groete, Seemeeu
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.