Riana Enslin se dogter sterf tragies

Riana Enslin se dogter sterf tragies

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 ‘n Tragiese motorongeluk naby Kleinberg, Mosselbaai, het verlede Maandagaand die lewe van Riana Enslin van Gansbaai Superspar se enigste kind, Terri-Anne Enslin (28), geëis.

Terri-Anne, wat as ‘n gewilde dame in George beskryf word en wat altyd gehelp het waar sy kon, was rigting Kaapstad in haar groen Hyundai Getz op pad. Omstreeks 22:30 het sy reg van voor met ‘n swaar afleweringsvoertuig gebots, terwyl sy alleen in haar voertuig was. Die KwaNonqaba-polisie ondersoek ‘n saak van strafbare manslag. “Terri-Anne was ‘n gedrewe en verantwoordelike jong vrou wat ons as ouers met onbaatsugtige liefde omvou het,” het Riana gesê. “Eers tydens haar roudiens is ek bewus gemaak van al die opheffingswerk wat sy gedoen het en hoeveel sy vir haar medemens omgegee en beteken het.” Sy was die Assistent Algemene Bestuurder by DF Scott in George wat deel is van die Walmart-groep. “Terri-Anne laat ons agter met ‘n leemte wat nooit gevul sal word nie, maar al die sukses wat sy behaal het en die vreugde wat sy ons verskaf het, sal dit draaglik maak,” sê Riana. Terri-Anne word ook deur etlike oud-skoolmaats onthou wat saam met haar in Gansbaai en Caledon op skool was.

‘n Roudiens is op Saterdag, 25 April in die NG-gemeente Denneoord, George gehou. Terri-Anne word oorleef deur haar ouers, Terry en Riana, asook haar dierbare ouma Corrie de Beer.

“Ons gaan jou baie mis,” is die hartseer boodskap van Riana, ouma Corrie, Thys, Marcel en Leon.                                                                 

Hardus Botha

Riana Enslin se dogter sterf tragies

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.