R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Is dit net in Suid-Afrika dat gasvryheid aan kos gemeet word, of is eetgoed ‘n gemeenskaplike element van byeenkoms reg oor die wêreld? Is ons nie totaal en al te behep met dit wat by ons monde ingaan nie? Kos is veronderstel om voedsel te wees, met genoeg van elke voedselgroep om die mens se gesondheid te verseker. Proteiene om weefsel te bou; koolhidrate om warm te hou; vet om die skarniere te olie; suiwel om die geraamte te versterk en groente en vrugte om die hele lot te stabiliseer. Maar wat maak ons? Ons eet vir alles. As daar ‘n geleentheid is, dan eet ons en as daar nie ‘n geleentheid is nie, maak ons van eet een. ‘n Baba kan nie gebore word sonder dat ons eet nie; ook nie gedoop word, verjaar of aangeneem word nie.
Lanklaas-vriende word verwelkom met kos; die tydsbestuur van hul kuier word beheer deur die voorbereiding van etes en die afskeid behels ‘n overdaad maaltyd. ‘n Bruilof gaan – verstaanbaar - gepaard met ‘n feesmaal, maar is dit regtig nodig om van ‘n begrafnis ‘n fyngebak spektakel te maak? Hoe groter van aansien die oorlye persoon, hoe groter die kompetisie tussen verenigings en baasbaksters om hul skou-produkte op lanfer-bedekte tafels uit te stal. Gaan staan gerus eendag op die galery van ‘n kerksaal en hou die dinamika van so ‘n na-begrafnis-byeenkoms dop. Driekwart van die roubeklaers kom nie naby die treurendes om te simpatiseer nie; hul gulsige oë is met die inkomslag net op die kreunende tafels gerig.
Al wat nog kort is ‘n kroeg om van ‘n begrafnis ‘n onvergeetlike partytjie te maak. Waar daar drank saam met die kos bedien word, is ons éérs in ons noppies! Dis asof ons regtig geen ander manier van vermaaklike samesyn ken as om te eet en te drink nie. Wat het geword van kaartspeel, musiekmaak en sing, bordspeletjies, stories vertel en veerpyltjiespeel? Wanneer is Monopoly, Trivial Pursuit en Scrabble gedegradeer tot kinderspeletjies? Myns insiens het dit te doen met die onvermoë om as volwassenes nog te kan speel. Ons het onsself tot slagoffers laat slaan deur eksterne omstandighede – waaraan ons in elk geval niks kan doen nie. Omdat ons geïntimideer en gefrustreerd voel, aanvaar ons kos en drank as die enigste susmiddel. Hoe hoër die lewenskoste styg en hoe meer ons daaroor mor en kla, soveel te meer wend ons ons na juis daardie kommoditeite wat ons beursies beroof. “Kom eet vanaand by ons” is lankal nie meer goedkoop nie. Die gasvrou trap baie maklik in die slagyster deur iets nuuts te probeer, met bestanddele wat sy nie normaalweg in haar koskas het nie. Dit laat ons goed voel om ‘n slag iets Frans of Oosters voor te sit, met ‘n Duitse of Hollandse nagereg. Dit...is Jan van Riebeeck se skuld. As hy nie so gulsig was om met drie skepe vol mense hier te kom plak, huise te bou en tuine uit te lê nie, kon die paar van ons wat afgestam het van die wat wel besluit het om vrou of man te vat onder die nomades wat reeds hier was, heel gesond geleef het van vleis en veldkos. Ek is seker daar sou ‘n paar perskepitte in die Kaapse grond wasdom bereik het sodat ons darem vrugte ook kon inkry. Maar nee, toe kom vat Jan mos oor en bring slawe oor die see met al hulle nuwe eetgewoontes. En om dinge te vererger, laat Willem Adriaan van der Stel ook nog ‘n klomp volksvreemde immigrante inkom met ook hul eie kosvoorkeure en wingerdstokke. So sit ons nou hier in die Suiderland en ons eet en drink ons buite weste aan ‘n konglomerasies van kosinvloede. Laat ons ook nie vergeet van die Spanjaarde wat reeds voor Jan hier was nie en om die kersie op die koek te sit, tree die Japannese en Chinese ook oor ons eetkamer se drumpels. Eintlik, as ‘n mens polities wil raak oor kos, lyk dit my asof ons geensins kan roem op eg-Suid-Afrikaanse kos nie, want behalwe skeep-en beesvleis en uintjies, kom al die ander kosresepte van Jan en sy makkers af. Ons oorvreet ons aan Jan se kos!
Carine Badenhorst
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.