R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Die personeel en veral die leerders van Fynbos Akademie is nie bietjie trots op die besoek aan hulle deur raadsdame Nicolette Botha-Guthrie, Overstrandse Uitvoerende Burgemeester nie. Raadsdame Botha-Guthrie het die skool op Woensdag, 22 April saam met drie van haar direkteure besoek.
“Die kinders was só opgewonde en hulle het pragtig gesing tydens die verwelkoming van die groep,” vertel Annelize Zeelie. “Daarna het die groep tyd in elke klaskamer deurgebring en ek wonder of die mense in die Overstrand weet hoe ‘n geweldige hart die burgemeester vir die kinders van ons gemeenskap het.” Sy sê dit is ‘n riem onder die hart dat die groep midde hul besige program tyd afgestaan het om al die pad na die plaasskooltjie te ry.
Dan het Fynbos Akademie ook op Saterdag, 18 April, ‘n gesellige en suksesvolle Boeresportdag aangebied. “Ons sê graag baie dankie aan almal vir hulle wonderlike ondersteuning,” sê Annelize. “Die entoesiasme van die kleingoed en ouers was ongelooflik en die kleingoed het verras met hulle mars en kreet.” Ouers het net so entoesiasties aan die items deelgeneem en daar is heerlik geëet en baie gelag. “Ons gaan beslis weer so maak!”
Fynbos Akademie is sowat 20km vanuit Stanford geleë en is baie afgesonder. Aanvanklik is die skool as ‘n dagsorgsentrum vir plaaswerkers, asook die wyer gemeenskap se kleuters gestig. Intussen het die skool gegroei tot ‘n volwaardige skool met leerders vanaf Gr RR tot by Gr 4. Die skoolhoof is Joanie Smith, met 6 onderwysers en administratiewe personeel wat haar bystaan.
Belangstellendes in die wel en weë van Fynbos Akademie kan gerus ‘n besoek aldaar gaan aflê en vir enige navrae en/of ondersteuning kan Annelize Zeelie by 074-333-4463 gekontak word, of stuur ‘n e-pos aan haar by annelize.zeelie@gmail.com.
Hardus Botha
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.