DA Projek Winterwarmte

DA Projek Winterwarmte

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Gansbaai se hart klop warm vir die DA se ‘Winterwarmte’-projek,” vertel rdl Riana de Coning. “Die vlytige vingers en warm harte van die dames van Gansbaai het alle verwagtinge oortref.” Riana sê die projek is nou baie goed op dreef en dit is verstommend hoe die liefde vir hul medemens uit die gemeenskap vloei.

“Ek het selfs oproepe vanaf Pearly Beach, waar daar ook vlytig gebrei word, ontvang.” Sy sê sommige dames was ook bekommerd dat hulle net die kleuterkoppies en handjies gaan warm maak, maar wat van die lyfies? Daarom het hulle weggeval en ook truie begin brei. “Op die stadium is daar reeds 76 pragtige truitjies  gebrei.” Hulle kort nog sowat 40 mussies en handskoene om aan hulle belofte aan die 3 geïdentifiseerde skole te kan voldoen, maar het gelukkig ook ‘n skenking van 44 mussies (sonder handskoene) ontvang. As gevolg daarvan kan hulle aan nog bykomende skole mussies oorhandig.

“Die projek loop op 2 Junie vanjaar ten einde wanneer die mussies, handskoene en truie oorhandig gaan word,” sê Riana. “Ek wil graag ‘n uitnodiging aan alle breiers rig om my te kontak indien hulle sou belangstel om my op 2 Junie met die uitdeel aan die kleuters te vergesel.” Sy sê die blydskap op vele kindergesiggies sal ‘n groot beloning vir die vele breiwerk wees. “Baie dankie aan almal wat tot dusver so entoesiasties aan die brei was en steeds is, maar dit is nog nie te laat vir ander om ook in te spring en die naalde te laat klap nie,” het sy gesê. Alle klaar gebreide artikels en/of wol kan by Pins and Needles verkry of afgegee word, met groot waardering vir hulle ondersteuning van die projek.

Vir navrae kan Riana de Coning by 028-388-0788 of 083-597-2781gekontak word, of stuur ‘n e-pos aan haar by rdc@axxess.co.za.

 Hardus Botha

DA Projek Winterwarmte

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.