R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
“Die oes was maar skraal, maar een hengelaar is gelukkig met ‘n prag-kabeljou van 5.86kg beloon,” vertel Elba Tredoux van die Overberg Kushengelklub.
Sy sê ‘n ysige westewindjie het die hengelaars vroeg Saterdag begroet, na die heerlike soel vooraf dae. “Die algemene klagte van die hengelaars is dat die see nou te koud is, wat verlede Saterdag ook die geval was.
Morné Olivier, een van die klub se tophengelaars, kon gelukkig breëbors met sy 5.86kg kabeljou, wenvis vir die dag, vir ‘n foto poseer. “Die dag sal nie ‘n sukses wees sonder die Klub se getroue borge nie, daarom ‘n groot dankie weer eens aan Buitesteen en Fish Fewer vir hul geskenkbewyse,” sê Elba. “Die yl oes van die dag het egter nie die hengelaars se gees gedemp nie en daar is lekker saamgekuier, met die naelskraap oorwinning van die Stormers wat ook gehelp het om die swak hengeldag op te kikker.”
Vir algemene navrae kan Elba Tredoux by 082-351-2304 of 028-388-0092 gekontak word. Vir hengelnavrae kan die Wedstrydsekretaris, Leibrandt van Niekerk by 082-487-3106 gekontak word, of stuur ‘n epos aan hom by bietouprops@gmail.com.
Hardus Botha
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.