Toerisme vier Fees

Toerisme vier Fees

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Met drie Goue Toekennings, asook ‘n Algehele Goue Toekenning (Gansbaai Courant, Donderdag, 23 April 2015) kon Gansbaai Toerisme nie anders as om ‘n gesellige feesaand vir lede en enkele gaste te reël nie.

Die Goue Wenners was Gansbaai vir “Best Destination for Responsible Tourism”, Grootbos Foundation vir “Best for Poverty Reduction” en Marine Dynamics vir “Best for Wildlife Conservation”.  

Met drie Goue Toekennings, asook ‘n Algehele Goue Toekenning (Gansbaai Courant, Donderdag, 23 April 2015) kon Gansbaai Toerisme nie anders as om ‘n gesellige feesaand vir lede en enkele gaste te reël nie.

Die Goue Wenners was Gansbaai vir “Best Destination for Responsible Tourism”, Grootbos Foundation vir “Best for Poverty Reduction” en Marine Dynamics vir “Best for Wildlife Conservation”.

Gansbaai is daarna aangewys as die Algehele Wenner en is dus nou een van die finaliste vir die World Responsible Tourism Awards wat gedurende November vanjaar in die Wêreld Handelsentrum in London sal plaasvind.

Die feestelike geleentheid is by Gansbaai Toerisme aangebied, met Glenda Kitley, Bestuurder, wat die verwelkoming behartig het. Die voorsitter van die Toerismeburo, Brenda du Toit, het agtergrondinligting oor die groot gebeurtenis verskaf.

Sy het ook haar waardering uitgespreek teenoor die drie aanbevelingsbriewe wat by haar eie voorlegging aangeheg was, naamlik Francois Myburgh (Areabestuurder van die Overstrandse Munisipaliteit se Gansbaai Administrasie), dr Anina Lee (Whale Coast Conservation) en Emilie Hagedoorn (Sales Manager Fair Trade in Tourism). Daarna het sy een van die 13 beoordelaars, Heidi van der Watt aan die woord gestel het. Heidi is van Better Tourism Africa en is ook die organiseerder van African Responsible Tourism. Etlike eregaste, waarvan sommiges ook as gassprekers opgetree het, was teenwoordig.

Al die gassprekers het op gelukwensing gefokus en ook klem daarop geplaas dat Verantwoordelike Toerisme nie as ‘n spesifieke fokuspunt beskou word nie, maar eerder as deel van hul daaglikse werk wat gedoen word en waarop voortdurend verbeter moet word. Caron Lee (Bemarking) het die bedankings waargeneem. Voor die aanvang van die geselligheid, het mnr Myburgh ‘n heildronk op die prestasies van die wenners ingestel. Daarna is daar net op gesellige samesyn en saamkuier gefokus, met smaaklike versnapperinge wat deur Gansbaai Toerisme gereël is.

 Hardus Botha

Toerisme vier Fees

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.