R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
“Op 10 Maart was dit die ene bedrywigheid by Herberg-aan-See Tehuis vir Bejaardes - Die Bietoubosklub se Omgeeprojek vir 2015 het werklikheid geword,” vertel Elizma de Lange van die Bietoubos Damesklub van Perlemoenbaai en De Kelders. Sy sê Aletta Lochner en haar span het vroeër vanjaar al begin om voorbereidings te tref sodat die tuin by die Tehuis opgradeeer kan word.
Die grond is vooraf voorberei en van die lede het reeds steggies gebring wat geplant kon word. Alles is gedoen met die hulp van Thando wat gate gegrawe het vir nuwe plante en by dié byeenkoms het elke teegroep die geleentheid gekry om hul plante te plant. Elizma sê sy het gehoor daar was van die inwoners wat net so opgewonde gehelp het om van die eerste plante in die grond te kry.
“Ongelukkig was daar nie genoeg spasie om almal saam te laat tee drink nie, maar die inwoners kon ook hul tee geniet met ‘n spesiale eetdingetjie wat spesiaal deur Aletta Lochner en Marie de Jager voorsien is, met hulle wat ook die byeenkoms gereël het. “Waar Aletta is, word daar gesing - eers het Aletta se koor opgetree en daarna kon al die besoekers lustig saamsing, met kitaarbegeleiding deur Chris van Zyl,” vertel Elizma, “en die sangtema was natuurlik liedjies oor blomme.”
Die oggend se teegeld was ten bate van die kompos en plante wat nog aangekoop moes word, met die Bietoubossers wat nie oor dié oggend se ekstra belading omgegee het nie. Na die teedrinkery is almal na buite en is daar met die “plant van die jaar” begin. Rentia van Jaarsveld en Marlene van Rooyen het ‘n spesiale tuinhoekie voor by die ingang gemaak. “Met die eerste resultate kan ‘n mens reeds sien dat die tuin nog baie plesier vir die inwoners van Herberg-aan-See gaan bring.” Foto’s is deur Elizma de Lange geneem.
Belangstellende dames van De Kelders, Perlemoenbaai of Gansbaai kan die voorsitter, Annette van Zyl by 028-384-1075 skakel, of skakel vir Elizma de Lange by 028-384-1963.
Hardus Botha
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.