Kobie en Marie verlaat Gansbaai

Kobie en Marie verlaat Gansbaai

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Kobie en Marie van Wyk het 17 jaar gelede hul intrek in Franskraal geneem. Hul liefde vir die see was die rede waarom hulle die Kalaharie vir Franskraal verruil het. Die 17 jaar hier beskou hulle as die beste deel van hul lewe tot dusver. Altwee van hulle was vir ongeveer 5 jaar by ‘n besigheid in Hermanus betrokke, alvorens hulle hier in Gansbaai in die eiendomsbedryf betrokke geraak het. Nou, na 17 jaar, het hulle besluit dit is tyd om aan te beweeg. Hulle het hul besigheid, Fine and Country, asook hul woning verkoop om hulself in “Blou-Bul-Land” te gaan vestig. “‘n Bietjie meer ondersteuning aan daardie kant mag dalk net help om die Stormers op hul plek te sit,” het Kobie met ‘n skalkse glimlag gesê. “Maar ons beweeg uit ‘n gemeenskap uit waar ons baie betrokke was.” Kobie het vir 7 jaar op die Bestuur van die Gansbaai Sakekamer gedien, ingesluit ondervoorsitterskap, en was ook aktief betrokke in die Bestuur van die plaaslike DA Tak. “Ons is dankbaar vir die mooi en die goeie wat ons beleef het, en daarom wil ons dankie sê aan al die kliënte van Fine and Country Overberg, asook aan al ons vriende en kennisse oor die afgelope 17 jaar.  Ons verlaat ‘n mooi deel van ons land.” Kobie sê dat Fine and Country soos gewoonlik onder nuwe Bestuur en eienaarskap sal voortgaan en dat hulle hul personeel met belangstelling sal volg. “En verseker sal ons na die see verlang,” is hulle altwee se oorwoë mening. Fanie Bothma, voormalige voorsitter van Gansbaai Sakekamer vir etlike jare, het die volgende boodskap aan Gansbaai Courant gestuur: “Kobie was werklik ‘n staatmaker in vele opsigte. As persoon kon jy op hom staatmaak en hy was altyd bereid om te help. Ek het hom dikwels as klankbord gebruik om ‘n idee te toets en hy sou dan altyd ‘n wel-deurdagte opinie gee, wat getuig van iemand wat met insig praat.

Hy was ook jare lank 'n lid van die Gansbaai Sakekamer en ook ‘n aantal jare die Onder-Voorsitter. Hier kon ek altyd op hom staatmaak wanneer hy vir my moes instaan. Kobie het ook gereeld met uitstekende voorstelle vir nuwe projekte of sprekers vorendag gekom, waarin hy self ook ‘n leidende rol gespeel het. Wanneer Kobie ‘n skaaprib op die kole kon laat sis, was hy op sy gelukkigste, met Marie wat dan liefs nie oor die vetterige vleis protesteer nie. So met ‘n glasie wyn in die hand, kon ons saam vele van die land se probleme oplos!” Vanuit Toerismegeledere skryf Glenda Kitley, Bestuurder, soos volg: “I remember the first time I met Kobie and Marie. They walked into the Tourism bureau when it was still in the small building in Main Road, introduced themselves and offered sponsorship for the Fees van die Ganse! Remax became a member of Gansbaai Tourism and then later they were members as Fine and Country. Even though as an estate agent they are not a direct tourism business they supported us quietly in the background, gave input and attended functions and meetings. I got to know them even better as we both served on the Business Chamber committee. I think the words “Christian Gentleman” best describe Kobie. They will be missed! Gansbaai Tourism wishes them well as they start a new stage in their lives.”

Hardus Botha

Kobie en Marie verlaat Gansbaai

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.