R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Pastoor Tom Theunissen en Cherry is veilig tuis na 'n lang uitgerekte reisplan waartydens vaardigheidsopleiding en evangelisasie aangebied is aan verskeie kultuurgroepe, Spanjaarde, Meksikane, Amerikaners (Eerste nasie – Indiane), Kanadese, ens. Ons Suid-Afrikaanse landsvlag het mooi vertoon tussen die van bogenoemde lande in die oerwoude ban Belize tydens 'n gradeplegtigheid waartydens studente vereer is vir hulle studies.
T4L (Trades 4 Life) Kanada en Nuwe Hoop het 'n ooreenkoms gesluit waarna erkenning en 'n mandaat gegee is vir Nuwe Hoop – T4L (S.A.) om voort te gaan met opleiding maar op 'n groter skaal as van te vore. Aan God al die ere hiervoor!
Wie sou dit ooit kon glo dat die3 nederige opleidingsentrum (1990) in die nywerheidsgebied van Gansbaai so kan uitbrei dat daar vandag goed toegeruste opleidingsentrums beskikbaar gestel is in Naboomspruit op 'n wildsplaas en in Belize langs die Karribiese eilande.
Dit was 'n groot voorreg en eer vir Pastoor Tom om saam met sy seun, Rodger, inspeksies te kon uitvoer in Alberta, Kanada. Rodger is een van die eerste vakleerlinge wat opgelei is deur Nuwe Hoop en wat 'n vakman rooiseël met onderskeiding kan verwerf het tydens 'n sweiswerk vaktoetsing in Westlake. Vandag is Rodger 'n internasionale sweisinspekteur werksaam in die Olie-Gas industrie.
Skaars tuis na vier maande en die Theunissens is weer op pad na Naboomspruit waar jongmanne wag om vanaf volgende week vir ses weke opgelei te word in pypsweiswerk en –verkoeling, ens.
Wat hierdie bediening so uniek en suksesvol maak is dat elke student se volle menswees aangespreek word – Gees, Siel en Liggaam.
Lewensvaardighede soos byvoorbeeld seksualiteit, verantwoordelike selfbestuur, finansies, verhoudings en besigheidsbeginsels vorm deel van die kursus.
Vir meer inligting skakel gerus vir Dr Tom Theunissen by 082 291 7490 of Cherry by 082 550 2710.
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.