R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Tydens 'n gesamentlike vergadering van Wyke 1 en 2 van die Munisipaliteit Overstrand is daar op 13 Mei 2015 groot waardering uitgespreek teenoor die ontwikkelaars wat verantwoordelik was om Afdelingspad 1214 (aan die agterkant van die Franskraal en Kleinbaai woongebiede) van 'n teeroppervlakte te voorsien. Die Paaie Departement van die Provinsiale Administrasie: Wes-Kaap het daarin kon slaag om befondsing vir hierdie projek oor twee (2) finansiële jare te verseker. Die Paaie Afdeling van die Overberg Distriksmunisipaliteit het onder die bekwame leiding van mnr Mannie van Eeden opdrag ontvang om die bou van die pad te onderneem. Die bouwerke aan die 5km lange pad is oor 'n tydperk van ongeveer 15 maande tot almal se tevredenheid afgehandel teen 'n totale koste van nagenoeg R20m. Die Uitvoerende Burgemeester van die Munisipaliteit Overstrand, Raadsdame Nicolette Guthrie-Botha, het tydens die geleentheid lof gebring aan die suksesse wat deur middel van samewerkende regering in die proses behaal is en het mnre Len Fourie (Hoofdirekteur: Padnetwerkbestuur - Provinsie Wes-Kaap) en Mannie van Eeden (Hoof: Paaie Afdeling van die Overberg Distriksmunisipaliteit) geloof vir hul bydrae in die bevrediging van hierdie behoefte van die Gansbaai gemeenskap. Mnr Johan Wiese (Voorsitter van die Kleinbaai Belastingbetalersvereniging) het genoem dat hierdie behoefte reeds gedurende 1970 deur die destydse Plaaslike Raad van Kleinbaai na die destydse Afdelingsraad van Caledon verwys is vir opname in 'n begroting. Hy het tydens die geleentheid spottender daarna verwys en gesê dat belastingbetalers nooit moed opgegee het nie en dat die verwesenliking van hierdie droom as voorbeeld van volharding beskou kan word. Ook die Voorsitter van die Franskraal Belastingbetalersvereniging, mnr Theuns Roodman het waardering namens die inwoners van Franskraal uitgespreek vir die voltooiing van die projek. Volgens hom bied die nuwe teerpad nie net verligting op die bestaande munisipale strate wat Franskraal en Kleinbaai met Gansbaai verbind nie, maar bied dit ook groot verligting op verkeersknope wat veral gedurende spits vakansie seisoene ondervind word.
Dit is dan ook veral die sportvissermanne wat die tientalle spoedhobbels wat op munisipale strate aangebring is wil vermy, wat breed glimlag vir hierdie gladde splinternuwe teerpad. Die Munisipaliteit Overstrand (en veral die inwoners van die groter Gansbaai streek) is geweldig trots en dankbaar vir die projek van hoogstaande gehalte wat binne die goedgekeurde begroting en tydsraamwerk wat vir die projek gestel is, afgehandel is. Die Provinsiale Administrasie (Wes-Kaap) en die Overberg Distriksmunisipaliteit (paaie afdeling) verdien 'n veertjie in hul hoed vir die suksesse wat met die projek behaal is.
Francois Myburgh
Areabestuurder van die Overstrandse Munisipaliteit se Gansbaai Administrasie
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.