R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Op Saterdag 16 Mei het dit behoorlik gegons op Gansbaai se sportgronde met die tweejaarlikse Rachel’s Angels Markdag. Academia was vanjaar die gasheerskool. Daar het 20 skole aan die Markdag deelgeneem.
Leerders moes hulle stalletjies opmaak en hul goedere verkoop. Academia se Angels het die heerlikste koekies verkoop wat hulle self gebak het. Voor die markdag begin het, was daar ‘n drie kilometer ‘pikkewynstap”. Dit het by die skool begin en by Gansbaai Kliniek geëindig. Die vinnigste pikkewyne was Tyrell Spandiel en Sangiro Felix. Op die verhoog was die seremoniemeesters die bekende Kim Cloete en Karl Ahari. Die verwelkoming is deur professor Rachel Jafta behartig. Die eerste kunstenaar was London van Idols faam gevolg deur Hemelbesem. Tussendeur is stalletjies bekendgestel. Ook op die verhoog was Oshri, Beatenburg, Tribal Echo en Mej Suid-Afrika. Die Mnr en Mej Rachel’s Angels is ook deur die loop van die dag gekies, asook die beste stalletjie.
Liezel Mostert
Voorbereiding vir Markdag
Academia se ses Rachel’s Angels het Dinsdag 5 Mei in Khayalitsha al hul voorbereidings vir die markdag op 16 Mei reg gekry. Die leerders het koekies gebak ten bate van die Khayalitsha Cookie Company om hul deel vir liefdadigheid te gee. Op dieselfde dag is die leerders van die skoolkoerant ook saam en hulle is gewys hoe om ‘n “apps” vir die internet te bou. Die leerders kon eerstehands sien hoe ‘n webtuiste geskep word en het ook interessante nuwe tegnieke geleer om hul berigte vir die skoolkoerant te skryf. Die dag se verrigtinge is deur die Rachel’s Angels en Media 24 gereël.
Liezel Mostert
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.