R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
“Daar is 'n verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees wat dit gee; Aan elkeen afsonderlik word 'n werking van die Gees gegee tot voordeel van almal.” (1 Kor. 12:4,7)
Die Christen kerk staan in hierdie tyd stil rondom Pinkster, oftewel die herdenking van die uitstorting van die Heilige Gees. Elke Christen word hierdeur geraak aangesien NIEMAND Jesus as HERE kan bely as dit nie deur die werking van die Heilige Gees is nie! (Vgl. 1 Korintiërs 12:3) Voordat Jesus opgevaar het na die hemel het Hy aan Sy dissipels die versekering gegee dat Hy hulle nie alleen sou agterlaat nie, maar dat Hy die Heilige Gees as “Voorspraak/Trooster/Helper” sou stuur om by hulle te wees tot aan einde van die tyd (Lees eers Johannes 16:7-15). Jesus noem ook die Heilige Gees, die Gees van Waarheid – wat hulle in alle waarheid sal lei.
Tog is dit so dat baie groepe of gelowiges die werking van die Heilige Gees wil beperk tot wat hulle dink is waar.
Of dat net sommige Christene die krag van die Heilige Gees kan ervaar. Dit laat baie gelowiges twyfel of hulle dan enigsins die Heilige Gees in hulle lewe het, of dat die Heilige Gees hulle kan gebruik as instrumente. Die volgende vertelling van ’n prediker, ene Fred Rogers, verduidelik dit vir my die beste: “Jare gelede het ek en my vrou saam met mede-predikers ’n diens bygewoon in ’n klein kerkie. Ons as predikers moes as deel van ons opleiding aantekeninge maak oor wat ons as foute of positiewe punte ervaar het. Ek het sowat 80 foute opgemerk. Toe die lang uitgerekte preek klaar was, het ek na die kollega langs my gedraai om iets krities oor die preek te sê. Ek het myself betyds gekeer toe ek die trane van haar wange sien afrol.
Sy het vir my gefluister: “Hy het presies gesê wat ek nodig gehad het om te hoor.” Dit was een van my grootste lewenslesse oor die Heilige Gees. Terwyl ek krities geoordeel het, het die Gees haar deur die preek aangespreek. Die Heilige Gees wil aan ’n behoefte/nood voldoen en nie aan my oordeel nie.”
Dalk moet ons net meer toelaat dat die Heilige Gees voortgaan met Sy werking in ons almal se lewe. Elke Christen wat GOD opreg wil dien is ’n instrument in die hand van die Heilige Gees. Ook ek en jy. Veral die minderwaardiges het ’n plek in die liggaam van Christus. (1 Kor. 1222,23) Gaan sit vir ’n slag stil, in jou binnekamer, of langs die see en sien hoe die Gees van Waarheid, GOD se Trooster, met jou wil werk. Hoe meer jy jou oopstel, sonder jou eie voorkeure of afkeure, hoe makliker sien jy GOD se kragtige werking in jou lewe.
Dis nie ons wat die Heilige Gees besit nie, maar wel die Heilige Gees wat in besit is van ons lewe!
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.