Bredasdorp - Gansbaai Teerpad

Bredasdorp - Gansbaai Teerpad

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Uilenkraalsrivierbrug – Baardskeerdersbos – Elim

Die opgradering van die ou grondpad tussen Bredasdorp en Uilkraalsmond (Gansbaai) tot op teerpadstandaard nader voltooiing.  Hierdie projek val binne die paaieonderhoudsgebied van die Overberg Distrikmunisipaliteit en die konstruksie word behartig deur Haw & Inglis (alom bekend as H&I Konstruksie) in opdrag van die Departement van Vervoer Wes Kaap.

Die laaste fase van die projek strek oor ongeveer 30 kilometer van Afdelingspad 1205, vanaf die Uillenkraalsrivierbrug tot in Elim.  Wetstoepassing word in verskillende spoedbeperking-sones gehandhaaf en word toegelig met tydelike waarskuwingstekens en stop/ry-verkeerbeheer.  Die nuwe brug oor die Uillenkraalsrivier net voor kilometer 8 is reeds voltooi en vir verkeer oopgestel.  Nog twee kasduikerstrukture is as variasieorders tot die projek toegevoeg vir verbeterde toegang in die reënseisoen.  Een op AP1211 net buite Baardskeerdersbos by die afdraai na Pearly Beach en die ander oor die Kouerivier sowat 4 kilometer buite Elim op die Spanjaardskloofpad soos mens na Napier reis.

Die padseksies deur Baarskeerdersbos en Elim (hulle ‘hoofstrate’) is reeds geteer, met uitgebreide blokkiesplaveisel- en verfraaiingswerke wat in Elim self aangebring is.  Vanaf die Uilenkraalsrivierbrug tot in Baardskeerdersbos word enkele uitstaande gedeeltes padkonstruksiewerk nog aan die finale gruislaag gedoen in voorbereiding op teerwerke.  Die 20 kilometer teerpad tussen Baardskeerdersbos en Elim is voltooi. 

Teerwerke sal na verwagting einde Mei afgehandel wees en die projek se voorlopige voltooiingsdatum is Junie 2015.  Juniemaand is geoormerk vir die aanbring van padverfmerke, padtekens en afronding aan die padreserwe (die gedeelte tussen die teervlak en die draadheining).

Thea Nefdt

Bredasdorp - Gansbaai Teerpad

Thea Nefdt

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.