R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Ek hoef regtig net één wie-is-wie-partytjie in ‘n jaar by te woon om die res van die jaar te gril oor die wonder van kosmetiese rekonstruksie... in sommige gevalle selfs dekonstruksie. Sit en blaai ek laat-aand deur DSTV se realiteitsprogramme – my misdaadknoppie word afgeskakel na die nuus om sewe – bevind ek my van voor af in die arena van mense wat mooier, jonger, maerder en selfs vetter wil wees. Die silwer lepel waarmee die kykers gevoer word, laat dit lyk asof die hele proses maklik en goedkoop is, maar dan is daar ook die programme wat al die grusame blapse uitwys. Wanneer ‘n mens jou laat stukkend sny met die doel om mooier anderkant uit te kom, moet jou huiswerk reg gedoen word; dit is evangelie in hierdie bedryf. Goedkoop en bekostigbaar is woorde wat die mooimaakbedryf nie ken nie. Kosmetiese rekonstruksie is so oud soos die berge self. Die eerste aangetekende geval was die liggaam van koning Ramses II van Egipte in 1213VC. Die geloof was dat ‘n mens in die hiernamaals alleenlik aan sy gesig uitgeken sou kon word en om seker te maak dat Ramses se groot neus die poorte eerste sou binnegaan, is dit volgestop met bone en sade. Ek neem aan die balsem-span was doodseker dat hy sou kortpad vat, want as hy eers in die warm onderwêreld moes gaan draai , kon daardie bone en sade dalk begin uitloop en het hulle hom as Jan se boontjierank by die poorte aangesien.
Rhinoplastie – baie gepaste naam vir ‘n “nose job” – is so ver terug as 600VC. uitgevoer. Egbrekers en kriminele se neuse is afgesny voordat hulle die tronke betree het. ‘n Simpatieke arts het egter die kuns vervolmaak om neuse op te bou met vel van die wange of voorkop, sodat die arme mense darem na vrylating weer hulle neuse in die samelewing kon wys. Mooi gebaar. In die Romeinse Tydperk is die uitgerekte oorlelle van ryk vroue gerekonstrueer; vry slawe se brandmerke is verwyder en selfs verminkte soldate weer gelas en geplak. Dit is hier waar die copy and paste begin het met gesonde velskraapsels wat op letsels oorgeplant is. In 1793 het ‘n Franse snydokter ‘n lip opgebou uit ‘n deel van die pasiënt se nek. Met kokaïen as die eerste effektiewe narkose in 1859, kon hierdie arme skepsel nie eens ‘n lip vasbyt teen die pyn nie! Borsvergrotings is reeds in 1899 uitgevoer deur byewas, paraffien en groenteolies in te spuit. Moet asseblief nie by die huis probeer nie. Darem nie alles en almal was ‘n ydele spul nie. Die toepassing van en opleiding in plastiese sjirurgie is behoorlik tydens die Eerste Wêreldoorlog in militêre hospitale gelanseer. Dit was die baanbrekers in hierdie veld wat verantwoordelik was vir splintervrye ruite vir voertuie, soos ons dit vandag nog ken. Hulle het ook ‘n massiewe aandeel gehad in die ontwikkeling van nie-vlambare klere en tekstiele. Vandag is plastiese sjirurgie, soos homoseksualiteit, ‘n gier; ‘n keuse om anders te wil wees as wat die natuur dit bestem het. Daar is baie benamings: kosmetiese sjirurgie, rekon-struktiewe plastiese snykunde, nie-sjirurgiese prosedures ; die doel bly dieselfde. Selfs mediese fondse glo nie die storie dat kosmetiese prosedures ‘n gekrenkte siel kan red nie – in die meeste gevalle met goeie rede. Moet my nie kop toe vat nie, want ek is ‘n naturalis, maar juis uit die aard van my naturalisme kan ek nie verstaan hoe ‘n vrou met die spieël kan vrede maak wanneer sy haar spontane glimlag met ‘n spuit vol gif gaan inruil het vir ‘n lewelose mummie-gesig nie. Bly liewer onder die kalkoen; moenie uitbroei as jy glo dat botox net jou geheim gaan bly nie. Dit wys. As dit nie in die onegaligheid van opgeblase wange is nie, dan in die strakheid van jou eens lewendige gesig, wat jou emosies kon verwoord met ‘n frons, die lig van ‘n wenkbrou of twee lagkuiltjies. En as jy bolangs móét groter wees, cut and paste uit die een binneboud en copy and paste uit die ander binneboud. Silikoon is goed in ‘n buis wat mans gebruik om die bad se rand, of ‘n lekkende vensterraam mee te seël. En glo my, hulle ken die verskil.
Carine Badenhorst
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.