Teerpad na Baardskeerdersbos uiteindelik 'n werklikheid!!!

Teerpad na Baardskeerdersbos uiteindelik 'n werklikheid!!!

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Aangehaal uit die boek Baardskeerders Bosch : Pieke en Kronieke (1653 – 2004, Bl 174) van Eben Benade.

"In teenstelling met die meeste ander plase in die jong ontwikkelende land Suid Afrika, het Baardskeerders Bosch se groei nie by die eienaarskap aan die eerste geregistreerde eienaar tot stilstand gekom nie. Plaasboere het destyds baie kinders gehad. Die proses van ontwikkeling van Baardskeerders Bosch is juis hierdeur bevoordeel. Philip Fourie (Forie) was in 1806 sover die eerste permanente eienaar van Baardskeerders Bosch en het nie minder as 15 kinders gehad nie.

So het die kinders getrou en uitbeweeg en is grond onderverdeel en plase soos Jacobskraal, Moeraskloof, Diepkloof, Remhoogte, Die Kloof en Concordia ontstaan. In 1831 word van slegs 2 geregistreerde eienaars melding gemaak nl. Wessel Johannes Groenewald en Johannes Fourie. 1940/1941 was daar 70 woonhuise, 4 winkels, skoen herstel winkel, kerksaal, skool met leerling getal van 120 leerlinge. In 1965 word 'n hofbevel uitgereik wat 'n verbod plaas op enige verdere vervreemding van grond op Baardskeerders Bosch. Mei 1990 was die finale verdeling van elke erfgenaam se stukkie grond aangebring. Laaste akte registrasie word in Mei 2001 afgehandel en 'n nuwe era breek aan vir Baardskeerders Bosch."

So is daar van die groterige stukke grond en kleinhoewes klaar opgedeel. Hierdie erwe is dan vir die eerste keer verkoop aan buite mense. Soos wat die grond aan ander mense verkoop is, word Baardskeerdersbos net soos enige ander klein dorpie. Inwonertal groei en so ook die behoeftes tot algemene dienste. Vandag is daar een winkel, een bottelstoor, petrolpomp, een gelisensieerde restaurant en 2 kroeë met venue's, een kerk en een kerkhof. Die hoofstraat deur die dorpie is al 'n geruime tyd geteer.

Intussen is Baardskeerdersbos ingedeel onder die Overstrand Munisipaliteit. Van die ander paadjies in en na die dorp is ook later geteer. Waterleibeurte is nog steeds in gebruik, maar 'n nuwe waterskema is gebou om die nuut ontwikkelde dorpie te voorsien met genoegsame water.

Manie Groenewald, sinoniem met die dorp Baardskeerdersbos is en was nog altyd een van die groot aantrekkingskragte van die dorp. Al vir jare maak die Baardskeerdersbos-orkes hier musiek wat eie is aan die wêreld se mense en styl. Oud & jonk is vandag mal oor oom Manie en sy musiek en kom kuier gereeld vir oom Manie & tannie Mara.

Baardskeerdersbos  was ook die afgelope jare baie in die media soos bv. Fabels en Verhale, Pasella en The Most Amazing Show op televisie en in die Huisgenoot en in Die Weg.

So met al die publisiteit en die positiewe energie wat die pragtige dorpie uitstraal neem die toeriste toe en so ook die verlange na 'n ordentlike pad om hulle tot daar te bring.

Na baie jare se wag word die teerpad uiteindelik goedgekeur.

Vandag is die pad klaar geteer en die afrondingswerk sal so teen einde Oktober klaar wees. Daarom voel ek dat dit beslis gevier moet word. Die Waenhuis, Rusty's treintjie pub & venue alreeds baie bekend vir lekker langarm  danse hou, hou die "Pad Dans" die 6de Junie by die Waenhuis met die langarm dans orkes NightShift. Kos is by die kaartjie se prys ingesluit en so 2 ure voor die dans sal daar feestelike musiek gespeel word deur 2 ander orkeste. Ek vra dat die plaaslike inwoners nie die geleentheid sal mis nie.

So kan almal dan van die geleentheid gebruik maak om vir die eerste keer die nuwe teerpad te gebruik Baardskeerdersbos toe en terug! Ons het ook 'n busdiens wat mense heen en weer kan vervoer, maar kaartjies moet lank voor die tyd gekoop word.  Ons benodig 20 passasiers om die rit die moeite werd te maak. Besprekings vir die geleentheid is noodsaaklik omdat genoegsame kos voorberei moet word. Vir verdere inligting kan enige iemand my skakel by 072 257 8474. Moet nie die geleentheid mis nie, sien julle almal daar.

Rusty Groenewald

Teerpad na Baardskeerdersbos uiteindelik 'n werklikheid!!!

Rusty Groenewald

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.