Mej SA se Welwillendheidsbesoeke

Mej SA se Welwillendheidsbesoeke

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die twee skoonhede, Mej Suid-Afrika, Liesl Laurie en Mej Suid-Afrika Aarde, Ilze Saunders, het saam met die akteur, Oros Molopufo en Zolani Mbeki van die Zolani Mbeki Trust, op Vrydag, 15 Mei 2015 welwillendheidsbesoeke by 5 instansies afgelê. Hulle was vol lof vir die omvang van liefdadigheidswerk in en om Gansbaai.

Ernst Niewoudt, voorsitter van Gansbaai Academia se Beheerliggaam, het op kort kennisgewing by Marie Reid, eienaar van Marie's Boutique, Art & Beauty Shop om hulp aangeklop. Sy het aan die werk gespring en het besoeke deur die skoonhede en hul geselskap by Gansbaai Elim Huis, Herberg-aan-See Tehuis vir Bejaardes, Masakhane Recycling Shop van White Shark Projects, Oak Grove Nasorgsentrum en Rainbow Kids Speelskool in Beverley Hills gereël.

By elkeen van hierdie instansies het die twee skoonhede so reg in die kraal van die kinders en bejaardes opgetree deur geselsies met hulle aan te knoop en liefdevolle drukkies uit te deel. By Oak Grove Nasorgsentrum was die besoek aan Oom Daantjie (105) een te veel vir die akteur, Oros Molopufo, en het gevra of hy Oom Daantjie se hande mag vat om vir hom ‘n gebed te doen. By Rainbow Kids Speelskool in Beverley Hills het past Frikkie Zeelie baie moeite gedoen en is rose deur die kleuters aan almal uitgedeel en is daar hartlik vir die besoekers gesing. Twee Gansbaai SAPD-lede, sers Anna Testa en konst Irvin Simmers, het as amptelike begeleiers vir sekuriteitsdoeleindes tydens die besoeke opgetree. Hulle was sommer baie trots toe Mej SA hulle spesiaal bedank het vir die gevoel van veiligheid wat deur hulle geskep is. ‘n Gesellige funksie in die Birkenhead Boothengelklub se saal ten bate van Gansbaai Elim Huis en met die twee skoonhede se teenwoordigheid, is ook deur Marie gereël.

Ongelukkig het onverklaarde omstandighede daartoe gelei dat die twee skoonhede nie opgedaag het nie. Gelukkig vir Marie het die gaste begrip vir die probleem getoon en is die Amerikaanse veiling wat aangebied is, goed ondersteun, waarna daar tot laataand toe gesellig saamgekuier is. Die smaaklike eetgoed is deur Nikita, Mary-Anne, Tania en Magrieta gemaak, met Stephen Bernhardt wat vir uitstekende agtergrond sangitems gesorg het. Al was die teleurstelling groot oor die afwesigheid van die skoonhede, het die Gansbaaiers gewys dat hulle nie skoonhede nodig het om ‘n gesellige funksie vir ‘n goeie doel terdeë te geniet nie.

Hardus Botha

Mej SA se Welwillendheidsbesoeke

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.