R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Geelstert (met skipjacks tussenin) geelbek, silwervis, makriel, snoek, hotties, roman, kabeljou -- moet ek aangaan? Dis nou wat van die manne die laaste ruk gevang het. Maar daar is baie wat druipstert teruggekeer het en glad niks kon wys nie. Die rede hiervoor is dat die ouens wat vis gevang het hulle storie beplan het en geweet het waarnatoe. Ek reken toestande sal vir ‘n rukkie nog so aanhou. So, doen jou beplanning!
Waar’s die dae toe ‘n boot met oë toegeknyp gekoop is weens die bekostigbaarheid daarvan, maar dit is gedoen, en die genot in die gebruik daarvan het dit die moeite werd gemaak. Dit was as ‘t ware ‘n eenmalige uitgawe en die res kon jy hanteer.
Deesdae is die prentjie anders. ‘n Boot kan nou as ‘n luukse beskryf word, en dit kan toegeskryf word aan die ewigdurende stygende fooie wat outomaties minstens elke jaar verhoog word. Nou ja, is dit nie maar die norm op elke vlak nie? ‘n Boot en wat daarmee saamgaan dink ek is anders…. van hierdie verhogings is baie maal onverklaarbaar en soms lyk dit my asof die booteienaar bygekom móét word. Vir lanseerfooie kan daar regverdiging voor gevind word, maar terwyl dit, nie so lank terug nie, ‘n heel aanvaarbare bedrag behels het is dit nou, in vergelyking, baie hoog -- en die diens is basies nog dieselfde. Ons praat nie eers van onderhoud nie.
Seevaardigheidsertifikaat en wat daarmee gepaardgaan -- reëlveranderings maak dit moeilik. Een voorbeeld is die gedwonge verandering van die bootradio. Die oue is nou waardeloos en die nuwe kos kort duskant R3000. Sommige veranderinge kom in die naam van veiligheid, wat ‘n teenargument onredelik laat klink.
As dit so moeilik is, hoor ek hier agter in my kop, waarom nie jou boot verkoop nie? Dié is al deel van ‘n skipper en verkoop sal vir so iemand slegs die laaste uitweg wees. So, miskien….miskien…. Indien ek hierbo swartgallig klink, jammer, maar daar ís ‘n sonkant, een wat hopelik ‘n glimlag gaan optower. Vra die ware skipper wat nog aan sy boot klou, of probeer. Dit is hierdie manne waarvan die see so ‘n groot deel van hul lewe uitmaak. Hulle geniet die natuur, daar is die see en natuurlik, om te kan hengel. En dis die boot wat dit moontlik maak. Daardie rustigheid en soms die opgewondenheid, asook die egte vriendskappe wat gesmee word is waaroor alles gaan. Dís die sonkant. Die kommersiële skipper self kan ook ‘n ander dimensie aan bogenoemde verskaf. Praat in hierdie rigting met die manne en jy sal verstaan. Groete, Seemeeu
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.