R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Groot verligting oor goeie reëns
“Ons was op die rand van ‘n enorme krisis, aangesien dit bitter droog was,” sê Cornie Swart, President van Agri Wes-Kaap sedert 28 Julie 2011. “Die damme het baie vinnig gesak, die lande is geploeg en die saad was reeds in die grond, wagtend op reën, met alles wat op enorme oes-mislukkings heengewys het indien die reën nie spoedig sou kom nie."
"Daarom is daar net een woord vir die goeie reëns wat tot dusver uitgesak het: Dankbaarheid!” Cornie sê die onlangse goeie reëns het ‘n groot verskil meegebring en hy voel gerus dat die saad in die grond nie té lank vir die reën gewag het nie, maar dat dit ook net betyds begin val het en ‘n ernstige krisis is dus wel afgeweer.
“In 2011 het die goeie reëns ook eers in Junie gekom en dit was ‘n baie goeie oesjaar en ons verwagtinge is dat dit dieselfde hierdie jaar sal wees,” sê Cornie. “In Ceres was ons tot nou toe steeds erg bekommerd, maar ek het vandag (2 Junie) berig ontvang dat dit daar ook begin reën het.” Hy sê dit kan wees dat die groot reëns wat voorspel word, ligte vloede tot gevolg kan hê, veral in die Kaapse Metropool, maar dit is iets wat maar hanteer sal moet wanneer en indien dit gebeur.
“Ek voorsien ‘n ‘groen’ droogte, aangesien die Wes-Kaap geheel en al leeg is van voer wat net nie meer beskikbaar was nie.” Hy sê ook dat die droogte-krisis in die provinsies van so ‘n ernstige aard was dat sowat 700,000 ton mielies vanjaar ingevoer sal moet word. Enkele boere in die omgewing is ook deur Gansbaai Courant oor die goeie reëns gekontak: Gerhard de Wet, Neël Groenewald en Johan van Dyk, voorsitter van Strandveld Landbou Vereniging. Al drie het dieselfde kommentaar op die goeie reëns gelewer, naamlik dat hulle eerstens baie dankbaar daarvoor is en dat dit byna-byna te laat gekom het. Johan van Dyk het gesê hulle was baie bekommerd dat die reën te laat sou kom, aangesien die gesaaides reeds ‘n week of meer in die grond was en daar is gevrees dat dit nie sal ontkiem nie.
“Die weervoorspellers praat van ‘n goeie en laat-reënjaar, wat ons met dankbaarheid vul, aangesien ons reën tot in November in die Strandveld nodig het,” het Johan gesê. Ondanks die groot kommer wat geheers het, wil dit nou voorkom asof die omgewing se boere na ‘n goeie oesjaar kan uitsien met die reën wat net-net betyds uitgesak het.
Hardus Botha
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.