Slangaanval in bed

Slangaanval in bed

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Ek het op my bed gesit en pas ‘n SMS gestuur toe ek die geritsel hoor, maar het aanvaar die slang sal weer weggaan soos in die ander kamer, maar die volgende oomblik het ek die eerste byt op my linkerheup gevoel en direk daarna die tweede byt,” vertel Delana Louw van Pearly Beach, ‘n rivier-ekoloog.

Sy is gereeld in Namibië waar sy in ‘n selfgeboude boskamp oornag. “Ons is gewoond aan slange daar wat ook gereeld in die huise is opsoek na rotte, maar dis die eerste keer wat ek dit beleef het dat ‘n mens letterlik deur ‘n slang aangeval word.” In die geval van die spesifieke slang, ‘n Mosambiekse Spoegkobra (Mozambique Spitting Cobra) het sy hom ‘n paar keer laat wegseil en later het sy in ‘n ander kamer gaan slaap. Die slang is agterna en het haar in die bed aangeval en op haar linkerheup gepik en direk daarna weer ‘n keer. Die insident het op 18 Februarie vanjaar plaasgevind. Delana het in haar motor geklim en halfpad na Tsumeb (73km) gery toe haar vriende haar gekry het. ‘n Uur en 10 minute later was sy by Tsumeb hospitaal vir behandeling, nadat etlike simptome van die gif al begin wys het.  

Die volgende dag is sy inderhaas na die Roman Catholic Hospital geneem. Die dokter het die bytmerk oopgemaak, wat omtrent die grote van ‘n handpalm was en 2 cm diep. In Windhoek kon hulle haar nie verder help nie en op 26 Februarie is sy met ‘n oop wond na Pretoria gevlieg waar sy twee operasies ondergaan het. Eers op 5 Maart kon die wond toegemaak word en, gelukkig vir haar, was plastiese snykunde nie nodig nie. Daarna het sy na Kaapstad gevlieg en het self na Pearly Beach gery waar suster Tertia Scholtz die wond begin behandel het. “Suster Tertia het uitstekende werk gedoen met haar behandeling en gereelde skoonmaak van die wond,” sê Delana. “Intussen het die wond sodanig verbeter dat ek binnekort na KwaZulu-Natal vertrek.”

Hardus Botha

Slangaanval in bed

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.