R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
“Jy proe wat jy proe in wyn en niemand kan vir jou sê wat jy moet proe nie,” is die mening van PJ Geyer (Algemene Bestuurder, Wynmaker en Wingerdbouer) van Barton Vineyards. “Al wat ek met my wyne doen, is om die natuur te neem en dit in ‘n glas te sit en my filosofie is taste and feel, never think and do!”
Hierdie siening het PJ ook tydens Gansbaai Wynproegilde se byeenkoms gehandhaaf deur hom nie veel aan die professionele telkaart te steur nie, maar eerder te fokus op die teenwoordigers se eie ervaring van die wyne wat geproe word. Voorsitter Theuns Roodman het almal verwelkom, met spesiale verwysing na gaste en die aanbieder. PJ Geyer is ‘n gebore Vrystater (vanaf mielielande na wingerde!), maar met deeglike wynbou-ervaring, onder andere vanuit die leerskole in die VSA, Nieu-Seeland en Frankryk (by verskeie kelders), asook hoogaangeskrewe wynkelders in die Kaap. Die uitstekende Bartonwyne wat te proe aangebied is, is Barton Blanc (2014), Sauvignon Blanc (2014), Chenin Blanc (2014), Pinot Noir Rose (2014), Shiraz/Cabernet Sauvignon (2011), Merlot (2013), Surprise Blanc (2014) en Surprise Rouge (2011). Die wynproeërs het deurgaans sterk silwer- of goudtoekennings gemaak. Great White House in Kleinbaai se kombuispersoneel het gesorg vir ‘n smaaklike en wyn-komplementerende ete: Beef Symphony en Lemon Heaven as nagereg, met komplimente aan die personeel wat selfs vir ‘n gluten-allergiese gas voorsiening gemaak het. Die gebruiklike blyke van waardering teenoor die aanbieder en kombuispersoneel is gedoen en die res van die aand het gesellig verloop soos net Gansbaai Wynproegilde dit kan doen.
Vir meer besonderhede rakende die op-en-wakker Gansbaai Wynproegilde kan Amanda de Vries by 028-388-0708 of 082-577-6920 geskakel word, of stuur ‘n e-pos aan haar by info@franskraalbandb.co.za.
Hardus Botha
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.