R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Op Vrydag 15 Mei 2015 is Gansbaai Academia deur die Two Oceans Aquarium besoek om loopbaan moontlikhede ten toon te stel. (Gansbaai Academia bied dalk Maritieme Wetenskap (Marine Sciences ) aan). Die span het opgedaag met ‘n “mobiele aquarium”. Die kurrikulumhoof van die distrik, Jenny Bridgeman, het ook die dag bygewoon. Leerders is aan see-organismes blootgestel en het gekyk en gevoel aan die seediertjies.
Die inligtingsessie is deur Thabo Sebeko aangebied. Die hoof van Onderwys in Maritieme Wetenskappe (Marine Sciences) by die Two Oceans Aquarium, Russell Stevens het persoonlik uitgekom om die dag by te woon. Saam met hom was ook Anzio Abels. ‘n Maritime Wetenskap klub gaan gestig word ( en die belangstelling onder die graad 9’s is enorm) waar ‘n gekose groep leerders een maal ‘n week deur die akwarium se personeel onderrig gaan word in onder andere seelewe en organismes.
Tans is daar gesprekvoering en ‘n sterk moontlikheid dat in 2016 of 2017 met Maritime Studies of een van die volgende vakke Oseanografie, Maritime Ekonomie en Nautical Wetenskappe by die skool begin gaan word. Die prinsipaal, mnr Tommy Wilson, was reeds twee weke gelede genooi na samesprekings met Russel Stevens en tersiêre inrigtings soos Universiteite van Kaapstad, Stellenbosch, UWK en KPUT vir ‘n voorneme om ‘n kurrikulum saam te stel.
Gansbaai Academia mag dalk die hele Whale Coast area met hierdie vakke bedien. Nie net word dit gesien as ‘n makliker pad na die vloot nie, maar kan Academia leerders universiteite toe stuur om in hierdie vakke te spesialiseer. Daar is alreeds hoë vlak samesprekings.
Liezel Mostert
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.