Gansbaai se knap Vlieenier

 Gansbaai se knap Vlieenier

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Mauritz du Plessis, Gansbaai se bekende vlieënier, het onlangs aan die President Trofee Lugwedren in Bloemfontein deelgeneem. Sy seun, Christiaan du Plesis van Durbanville, ‘n professionele helikopter-vlieënier, het die vliegtuig gevlieg, met Mauritz as die knap navigator. Daar was 84 deelnemers wat aan die wedvlug oor ‘n tydperk van 2 dae deelgeneem het.

Die eerste dag (29 Mei) was die afstand 304 seemyl wat gevlieg moes word. Die volgende roete moes gevolg word: Vanaf Tempe Lughawe na Boshoff, na Petrusville (by die Van der Kloofdam) na die Gariepdam en terug na Bloemfontein. “Elke vliegtuig kry sy ‘handicap’ spoed vir die 2 dae, en om die wedvlug te kan wen moet die navigator van die winde gebruik maak en seker maak die roete word oor die kortste moontlik afstand voltooi,” vertel Mauritz. “Die navigators mag ook van geen elektroniese navigasie-toerusting gebruik maak nie en mag slegs basiese hulpmiddels soos kompas en kaarte gebruik om mee te navigeer.”

Op die tweede dag (30 Mei) was die afstand 272 seemyl en die roete was vanaf Tempe na Bultfontein, na Hertzogville en weer terug na Tempe, vanwaar hulle weer na Jagersfontein en Edenburg gevlieg het, alvorens hulle na Bloemfontein teruggevlieg het. Mauritz sê die hoogte wat gevlieg is, wissel van ‘n skrale 3 voet tot sowat 2,000 voet bo die grond, afhangende van die terrein en winde. “Toe ons oor die eindstreep gevlieg het om te gaan land, was daar 13 vliegtuie voor ons wat gelyktydig op dieselfde aanloopbaan moes land en was die spasieëring sowat 75 meter tussen elke vliegtuig, met ‘n landingspoed van sowat 160 km/uur!”

Die aanloopbaan wat hier ter sprake is, se lengte is maar 1.1 kilometer en dit moet sonder twyfel uitstekende vlieg- en veral navigasievernuf kos om seker te maak daar word ver genoeg agter die voorste vliegtuig geland. Christiaan en Mauritz het 48ste geëindig, wat uitstekend is vir hierdie kompetisie wat slegs een maal per jaar plaasvind. Trotse nuus is dat Mauritz reeds sy Springbokkleure as vlieënier gedurende Februarie vanjaar tydens die Suid-Afrikaanse Kampioenskap in Presisie vlieg te Brits verwerf het.

Die Springbokkleure mag egter eers aangetrek word nadat hy oorsee gaan deelneem. Mauritz vertrek op 10 Julie vanjaar om oorsee te gaan deelneem en ‘n volledige berig en foto’s in sy Springbokkleure sal kort daarna in Gansbaai Courant gepubliseer word.                                                

Hardus Botha

 Gansbaai se knap Vlieenier

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.