Stillewe

Stillewe

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

"Stillewe" op die gebied van fotografie is ‘n kuns in eie reg, maar ook nie té moeilik nie, mits die korrekte metodes aangewend word.

Gansbaai Fotografieklub se Jane Bailey het hierdie stelling met haar onlangse aanbieding bewys. Voor die aanvang van haar aanbieding het voorsitter Riaan Jacobs na die klub se uit-naweek, waar stillewe foto’s geneem is, verwys en gesê dat dit ‘n fantastiese naweek was. Marc du Plessis het van die foto’s vertoon, asook Linda Kloppers se uitsonderlike AV van berge. Tydens haar aanbieding het Jane vele nuttige wenke vir die neem van “stillewe”-foto’s verskaf. “Dit moet nie net ‘n ‘uitstalling’ wees nie, maar enige iets wat nie lewe nie en die fotograaf moet kreatief en ‘uit die boks uit’ dink,” het sy gesê.

Sy het enkele van haar uitsonderlike stillewe foto’s vertoon, waarop sy kommentaar gelewer het. “Indien inkomende lig by ‘n venster gebruik word, kan ‘n reflektor (weerskaatser) benut word om die skaduwees te verlig,” het sy gesê. “Selfs ‘n stuk tinfoelie kan vir hierdie doel gebruik word en onthou dat kleur ‘n belangrike faktor is, veral rooi vir ‘n voorwerp en groen vir agtergrond, soos ‘n rooi blom teen groen blare wat effens uit fokus kan wees.”

Enkele ander nuttige wenke wat Jane beklemtoon het, is: die belangrikheid van ‘n drie-poot; beligting; komposissie; minstens 2-3 of meer onderwerpe; die geheelbeeld moet ‘n storie vertel; die agtergrond moet nooit die onderwerp oorheers nie, maar komplementeer; hout dra by tot ‘n gevoel van ‘warmte’; onderwerpe kan na eie voorkeure geplaas word; onthou dat die menslike oog in swart-en-wit foto’s eerste na die wit gedeelte kyk; voedsel is ook ‘n goeie idee, maar die kyker moet lus voel om dit te proe; hoogte, laagte en diepte speel ook ‘n belangrik rol, asook kerse en kerslig.

Klubbyeenkomste vind elke 1ste en 3de Maandag plaas en kundiges of nie-kundiges is welkom om aan te sluit. Gansbaai Fotografieklub se webtuiste, http://gansbaaiphotographyclub.co.za (ook http://gbpc.co.za).

Vir navrae kan voorsitter Riaan Jacobs by 082-373-8270 geskakel word.

Hardus Botha

Stillewe

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.