R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Amalia Abrieu is ’n siniese aanklaer met ’n sterk sin vir geregtigheid. Sy spesialiseer in die vervolging van kinderverkragters. Sy weet die stelsel werk nie soos dit moet nie, maar sy probeer haar bes, al is dit moeilik. Haar beste, en enigste vriend, én minnaar is Hendrik, ’n oud-soldaat wat self as gevolg van dade uit sy verlede ’n draai by die Waarheids- en Versoeningskommissie gemaak het.
Een aand, na nóg ’n dag van, wat Amalia beskou as ongeregtighede in die hof, maak sy ’n onbesonne uitlating teenoor Hendrik. Skielik begin die verdagtes wie se sake sy in die hof hanteer, sterf. Amalia is geskok. Is Hendrik ’n moordenaar?
Terselfdertyd tref ’n tragedie ’n geliefde predikant in die klein dorpie. Die pastorie, met die dominee se vrou en kinders binne-in, brand af. Die vrou en kinders oorleef egter die brand en die dorp span saam om die gesin te help. Selfs Amalia gaan uit haar pad om die gesin, en in die besonder die predikant self, ter wille te wees.
Alles is egter nie soos dit op die oog af lyk nie. Dit blyk dat daar sinistere motiewe agter die brand sit, en met verdrag kom Amalia agter dat goed nie noodwendig goed is nie, en sleg nie noodwendig sleg nie, veral nie op klein dorpies nie.
Saliger is ’n roman wat handel oor goeie mense wat slegte dinge doen, en slegte mense wat goeie dinge doen, en hoe maklik dit is om die een met die ander te verwar. Wat meer is, die leser is tot op die einde vasgenael om te sien wie is goed of wie is nie.
Breytenbach het wyd gelees en haar vermoë om die leser te laat wonder is merkwaardig.
Dibi Breytenbach het eerstehandse kennis oor hóé die stelsel sy jong slagoffertjies hanteer. Hoewel daar baie hartseer en tragedie te vinde is in hierdie omgewing, verstom die kinders haar altyd met hulle deursettingsvermoë en vergewensgesindheid.
Saliger is ’n debuutroman wat afspeel teen die agtergrond van misdaad en vergelding, straf en vergifnis – die milieu waarin Dibi haar elke dag bevind. Mense wat lief is vir boeke soos Anchien Troskie se Dis ek, Anna en Die Staat teen Anna Bruwer sal dié boek geniet. Amalia Abrieu se dilemma is ook baie soortgelyk aan Thys Krige s’n in Waar boosheid broei en Plasenta. Wat Dibi Breytenbach egter regkry, is om die leser al hoe meer by die morele kwessies te betrek. Natuurlik is vergelding verkeerd, maar moet Amelia regtig altyd die regte ding doen? Lees maar self en vind uit!
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.