Gansbaai Polisienuus

Gansbaai Polisienuus

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gesteelde eiendom gevind

Die verskaffing van inligting het daartoe bygedra dat Kaptein Danie Rautenbach en lede van die plaaslike polisie die inligting vinnig opgevolg het te Eloxolweni, Pearly Beach. 'n Woning is deursoek en daar is beslag gelê op 'n rottang sitkamerstel en 'n TV. Die eiendom is by Gansbaai SA Polisie ingehandig. Twee verdagtes is gearresteer en het reeds in die landdroshof verskyn. Met verdere ondersoek het dit aan die lig gekom dat die rottangstel reeds in Februarie 2015 in Pearly Beach gesteel is.

Adj. Off. CW le Roux

 

Huisbrake neem toe

Dit raak egter nou kommerwekkend teen die tempo wat huisbrake toe neem in Pearly Beach en Franskraal. Die publiek word dringend versoek om enige verdagte persone of voertuie onmiddelik aan die polisie te rapporteer. Verskeie operasies was al geloots gewees deur die plaaslike polisie, waar daar ook sukses behaal is, maar daar is nog verdagtes wat rondbeweeg. Die publiek word versoek om meer veiligheidsbewus te raak, en nie net enige een te vertrou nie. 'n Paar besighede in die dorp het ook deurgeloop. Indien u oor enige inligting beskik word u versoek om die inligting  aan die plaaslike polisie deur te gee.

Adj. Off. CW le Roux

Gansbaai Polisienuus

A/O CW le Roux, SAPD Gansbaai

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.