Cum laude vir Jolandi

Cum laude vir Jolandi

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Jolandi Oosthuizen (35) van Gansbaai kan met reg trots wees op haar B-Ed graad wat sy met lof (Cum Laude) aan die Universiteit van Suid-Afrika (UNISA) verwerf het, met ‘n gemiddeld van 87% plus vir al haar vakke - ‘n getroude, werkende moeder van twee dogters en ‘n huishouding en sy behaal hierdie groot prestasie binne die voorgeskrewe tydperk van 4 jaar. Dit wil gedoen wees, met opregte gelukwense aan Jolandi.

Jolandi het haar graad op Donderdag, 18 Junie 2015 in His Peoples Church N1 City se saal tydens UNISA se gradeplegtigheid ontvang. Saam met haar was haar ewe trotse eggenoot, JC Oosthuizen van JJ Plumbing in Gansbaai, asook haar trotse ouers, Kobus en Mercia du Toit van Gansbaai. Kobus van Vleispaleis wat, ná ‘n ernstige motorfietsongeluk steeds in ‘n rolstoel is, het net gesê daar is nie ‘n manier hoe sy rolstoel hom van Jolandi se gradeplegtigheid sal weghou nie. Jolandi matrikuleer in 1998 in Caledon, waarna sy haar Onderwysdiploma aan die einde van 2001 aan die destydse Tygerbergse College (Northlink College) verwerf. Op 9 Oktober 2004 tree sy met JC Oosthuizen in die huwelik en twee dogters, Carla (Gr 2, 8jr) en Anke (Gr R, 5jr) word uit die huwelik gebore.

Die egpaar is sedert 2006 permanente inwoners van Gansbaai. Jolandi was deurgaans in die onderwys betrokke, met onder andere 4 jaar waartydens sy in Engeland skoolgehou het en 2 jaar in die Strand. Sy het ook aflosposte bekleë, maar is nou by Laerskool Gansbaai as Gr 3 onderwyser aangestel. Haar prestasies as werkende moeder van twee is merkwaardig en kan as voorbeeld dien vir menige jonger student. “Dit was harde werk en vele nagtelike ure, maar ek is dankbaar dat ek deurgedruk het en dat dit nou agter die rug is,” sê Jolandi.

Hardus Botha

Cum laude vir Jolandi

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.