Kleindogter is Jnr Wereldkampioen Danser

Kleindogter is Jnr Wereldkampioen Danser

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Tydens die Wêrelddanskompetisie in Porec, Kroasië (Croatia) in Oos-Europa is Dawie en Bettie Naudé van De Kelders se kleindogter, Simonè Duvenhage (14), as wenner in die junior kategorie vir haar dansuitbeelding van “Mary Poppins” in die musiekteaterdissipline aangewys.

“Dit was ‘n trotse oomblik vir ons by die aanhoor van haar uitsonderlike prestasie,” sê Dawie. Simonè en haar dansmaat, Nicole Geldenhuys (16) is altwee van Witbank in Mpumalanga en hulle het Suid-Afrika in die wêreldwye danskompetisie in Porec, Kroasië verteenwoordig, waar meer as 5,000 dansers hulle danstalent vertoon het. Die danskompetisie was baie straf met lande soos Rusland, Duitsland, Brittanje en andere. Daar was drie kategorieë, naamlik kinders, juniors en seniors, asook dansdissiplines vanaf ballet tot by hip-hop.

Die kampioenskappe het op 22 Mei 2015 begin en op 24 Mei geëindig. Nicole vertel dat dit ‘n emosiebelaaide oomblik was toe Simonè as die wenner in die junior kategorie aangewys is. Nicole is self van wêreldgehalte en is as die wenner in die senior kategorie vir haar kontemporêre dans, “The Words I never said” aangewys, terwyl sy ook ‘n tweede plek vir haar “Jazz Boots” en ‘n vierde plek vir haar “Amazing Grace” in die ope-afdeling ingepalm het.

Hierdie twee wêrelddanskampioene het gewys dat Suid-Afrika hoë dansstandaarde in die wêreld handhaaf en hulle het nie nodig om vir enige land se dansers terug te staan nie, wat beslis van Dawie en Bettie ‘n trotse oupa en ouma maak. Tydens die vorige Wêrelddanskompetisie in Pretoria, wat terselfdertyd as ‘n “opwarmingskompetisie” gedien het, het Simonè ook ‘n eerste plek in haar kategorie verwerf, natuurlik met Dawie en Bettie wat daardie kompetisie bygewoon het.

Dan het hulle kleinseun van Van Der Bijlpark, Julian Merrick (15), hulle nog verder trots gemaak met sy verwerwing van 1ste Dan in Taikwando Karate op ‘n baie jong ouderdom. Dawie en Bettie verhuis eersdaags na Winkelspruit in KwaZulu-Natal, ná ‘n verblyf van 16 jaar in De Kelders.

Hardus Botha

Kleindogter is Jnr Wereldkampioen Danser

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.