R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Troeteldier liefhebbers, -telers en -eienaars kan nader staan Overberg toe vir Mega Park se eerste troeteldier-ekspo. Boonop word moderne tegnologie toegepas om van die land se mooiste troeteldiere by nuwe eienaars uit te kry, met ‘n binnenshuise, grootskerm-veiling.
Woensdag, 1 tot Saterdag 4 Julie is dit tyd vir MEGA PetEx, ‘n troetel – en plaasdier ekspo by Mega Park, Bredasdorp. ‘n Mooi verskeidenheid honde, asemrowende katte, miniatuurperdjies, Koivisse, ‘n reuse verskeidenheid konyne, papegaaie, van die mooiste skoupluimvee ter wêreld, die vreemdsoortige emus en nog talle ander diere sal weerbestand, alles binnenshuis ten toon gestel word.
‘n Hoogtepunt van die troeteldier ekspo is die Suid-Afrikaanse Skou Pluimvee Kampioenskap en grootskerm-veiling wat op Vrydag, 3 Julie by Mega PetEx gehou word. Volgens Albert Lingenfelder, Nasionale Voorsitter van SASPO is meer as 3000 pluimvee inskrywings reeds ontvang.
Hy is opgewonde daaroor dat die nasionale Kampioenskap skou tydens Mega PetEx gehou kan word. Albert is van mening dat die verantwoordelikheid om diere te versorg die nekslag kan wees vir toenemende misdaad, dwelms, en werkloosheid. “Troeteldiere bring verantwoordelikheid en pligsbesef mee.” Telers en skou-pluimvee eienaars wat graag rasegte hoenders wil koop kan dit doen tydens die heel eerste regstreekse kamera-skerm troeteldierveiling, na afloop van die skou pluimvee beoordeling. “Kopers moet net daar wees en elke voël sal op grootskerm na hulle toe gebring word vir koopbesluite.”
Ywerige tuiniers met troeteldiere, wat die beste troeteldiervriendelike en –bestaande tuinwenke wil kry moet nou reeds ‘n bespreking maak vir “Tuinmaak vir diereliefhebbers” aangebied deur Willie Schmidt, tuin-ghoeroe van kykNET se Pasella opSaterdag 4 Julie om 10:30 by lizelle@agrimega.co.za / 028 424 2890. Willie se kreatiwiteit en passie is ‘n natuurlike inspirasie. Hy boer ook self met skropperige skouhoenders.
Boerboel-liefhebbers en ander honde-eienaars mag nie die Wes-Kaap Boerboel Streekkampioenskap en - keuring misloop wat Saterdag, 4 Julie by Mega PetEx plaasvind nie! Boerboele is kenmerkend aan hul grootte en sal volgens ouderdom kategorieë beoordeel word.
Inskrywings sluit Woensdag, 1 Julie en Boerboeltelers het dus nog geleentheid om hul rasegte Boerboele in te skryf.
Ouers en kinders kan kom uitvind wie die wenners is van die beoordeling van ‘n troeteldierkompetisie vir plaaslike skoliere. Katte word volgens die tema ‘ A winter’s tail” aangetrek en daar is ook ‘n prys vir die hond wat die meeste na sy baas lyk!
Kinders kan op ‘n regte ossewa- en perdekarretjie ry en op ‘n ponie kom gallop. Vir die kleintjies is daar die interaktiewe plaaswerf met plaasdiere, waar ma en pa ‘n ogie kan hou terwyl hulle piekniek met piekniekmandjies wat by die ekspo beskikbaarsal wees, sowel as die nuutste troeteldier bykomstighede.
Dit is heerlike vakansie vermaak vir die hele gesin met interaktiewe sessies, troeteldier rasbesprekings en - bekendstellings sowel as vertonings. Kaartjies is by die toegangshek teen R40 per volwassene en R10 per kind. Vir meer inligting skakel Lizelle by 028 424 2890 of epos lizelle@agrimega.co.za en vir die volledige program besoek Mega PetEx se facebook blad by www.facebook.com/MegaPetex.
Saamgestel en uitgereik deur Mega Media MEDIANAVRAE:
Lynn-Ann du Preez by media@agrimega.co.za / 028 424 2890
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.