R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Ai, om weer ‘n ordentlike kabeljoutjie te vang en dan nog ‘n klomp makriel ook is mos maar waaroor dit gaan. Dis nou nie juis ‘n staatsgeheim dat die kabeljou in die omgewing van die Moddergate ronddwaal nie. Daar is egter so baie van die kleiner kabeljoutjies en dis nie ‘n kuns om sommer ‘n klomp te vang nie. Onthou egter die “size”-grootte is 50 cm. en baie van hulle maak dit net nie -- en dit weer beteken terug water toe met hulle.
‘n Mens moet jou indink hoe dit nou gaan met die vangery. Kort-kort het jy so enetjie aan wat (en jy behóórt so daaroor te dink) nie die moeite werd is om te hou nie. En as dit so gereeld gebeur sit jy maar ‘n ekstra lyntjie in die water om darem ‘n paar makriel in die boot te hê. Nou maar almal van ons het mos sy besonderse manier van vang. As jy al ‘n bietjie baard het en jy is darem al gewoond om met verskillende lyne verskillende vis te vang, en jy is nog boonop redelik suksesvol daarmee, waarom sal jy dan wil verander? Dit is nou maar my manier van dinge doen, maar ek wil graag glo dat jy altyd byleer en wat sake interessant maak is wanneer jy bereid is om te eksperimenteer dinge net beter behoort te gaan. Saterdag was so ‘n dag vir my. Ons het drie redelik mooi kabeljoue op die boot gehad en toe die ondermaatvisse besluit om ook te kom kyk hoe lyk dit daar buite het ek besluit om ‘n plan te maak.
Ek het geargumenteer dat die groter kabeljoue, wat reeds bewys het hulle is wel daar, maar net nie kans kry om die aas te vat nie, weens die baie kleintjies om hulle, ‘n behoorlike kans behoort te kry. Hoe sou jy die aasvretertjies nie vang nie? ‘n Groot hoek, ‘n dikkerige lyn en sommer so ‘n halwe maasbanker as aas -- maar jy kan wel ‘n bulletjie so aankeer. Ook maar onwaarskynlik want selfs hulle verkies dunner lyn en ‘n kleiner hoek, plus ’n ordentlike aas. In elk geval, my swaarder gereedskap is toe met ‘n groter sinker die water in terwyl ek dit nag maak met die makriel. Die feit dat daar niks aangegaan het met my gewigtige lyn nie het my nie gepla nie. Op ‘n stadium is daar besluit dis tyd sementpad (hawe) toe. Dis toe ek die amper vergete lyn wou optrek dat ek die skok kry. ‘n Ding vlieg weg met my aas en ek kry twee trekke in voor hy laat los. ‘n Haai? Dalk daai groot kabeljou waarvoor ek gehoop het? Ek weet eerlik waar nie, maar dit was steeds die moeite werd. Miskien volgende keer!
Behalwe vir baie kabeljou is daar ook ‘n paar geelbekke gevang, buiten al die ander soort visse. Lekker. Groete, Seemeeu
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.