Byron Kleingeld se Cum laude

Byron Kleingeld se Cum laude

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Nog ‘n trotse Cum laude-student in Gansbaai is Byron Kleingeld (24), ‘n bekende agter Gansbaai Elektries se toonbank. Hy het sy Diploma in Inligtingstegnologie (IT) aan die einde van 2014 met lof (Cum laude) verwerf, ná 3 jaar se deeltydse studies aan die Universiteit van Suid-Afrika (UNISA).

‘n Trotse Louis en Wilna Kriel, eienaars van Gansbaai Elektries het hom in Junie na die diplomaplegtigheid in His Peoples Church N1 City se saal vergesel. “Byron het homself reeds in matriek as ‘n skrander en hardwerkende leerder bewys en ek het kort na sy aanstelling by ons besluit om hom die geleentheid te bied om verder te studeer, aangesien ek die potensiaal in hom raakgesien het,” vertel Wilna. “Hy het dadelik gepraat van ‘n elektriese rigting, maar ek het hom gevra om eers navraag te doen aangesien ek hom nie in ‘n rigting wou forseer nie.”

Byron het toe op Inligtingstegnologie besluit en Wilna sê al sy punte het gedurende die afgelope 3 jaar na haar toe gekom. Van die sowat 30 vakke oor die volle tydperk, het hy minstens 24 deurgaans met lof geslaag. “Ons is sommer baie trots op sy prestasies en hy het ons nie teleurgestel nie.” Byron is sedert 2008 ‘n Gansbaaier toe hy in Gr 11 by Hermanus Hoërskool aangekom het, waar hy ook gematrikuleer het. Hy werk reeds vir die afgelope 5 jaar by Gansbaai Elektries. Byron se stiefpa en ma, Joe en Luhande Diedericks is altwee werknemers van Gansbaai Superspar.

En die toekoms? “Omdat ek baie nou by die kerk betrokke is, beplan ek geen verdere studies vir hierdie jaar nie en sal by Gansbaai Elektries aanbly,” het Byron gesê. Wilna het reeds aangebied dat hulle vir Byron sal help om volgende jaar vir sy graad in Inligtingstegnologie in te skryf, “maar dit berus by hom of hy van die aanbod gebruik wil maak of nie,” sê sy.

Hardus Botha

Byron Kleingeld se Cum laude

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.