Pandemonium by kliniek

Pandemonium by kliniek

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die bloedstollende gille van ‘n veertigjarige vrou het by die kliniek pandemonium gesaai toe sy haar beweerde verkragter daar gewaar het. Sy het die man voor die kliniek op ‘n vuilgoeddrom sien sit en het vreesbevange gillende agterom die kliniek weggehardloop. Die 55 jarige man het volgens Suster Dorothea Jacobs self so groot geskrik dat hy na die toilet gehardloop en homself daar toegesluit het. Sy het dadelik die polisie gebel en Suster Louw het daarin geslaag om die man te oorreed om na haar kantoor te kom om met sy TB behandeling te begin.

“Ek is dankbaar dat die sielkundige hier was, want hy was so rustig en het die situasie ontlont deur die pasiënte in die wagkamer te kalmeer. Hy het gesê die polisie is oppad en dat hulle niks te vrees het nie”.

Die man is gearresteer, maar later deur die Kinder & Vroue Beskermings eenheid na ‘n ondersoek vrygelaat aangesien hy nie met die misdaad verbind kan word nie. Die ondersoek na die verkragting duur voort.

Francois de Jongh

Pandemonium by kliniek

Francois de Jongh

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.