Pearly Beach hou lyne styf

Pearly Beach hou lyne styf

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Te oordeel aan die uitslae van Pearly Beach Rots- en Strandhengelklub tydens hulle Maart-kompetisie, het die hengelaars beslis die lyne styf gehou, of was dit die vis?

Hannes Smuts wen die Maart-kompetisie met swaarste sak (16.25kg) en swaarste vis (Kabeljou - 7.9kg), wat aan hom die eerste plek besorg. Riaan Steyn eindig 2de met 5 Kabeljoue, Mo van Tonder 3de, Johan de Kock 4de, Bernard Groenewald 5de, Ferdi Joubert 6de, Kingsley Green 7de, Mario van der Westhuizen 8ste, Robert Pace 9de en Francois Munnik 10de. Robert Pace wen ook die Seniorskompetisie, met Lea Nortje wat die Dameskompetisie wen en Ethan Muller die Juniorskompetisie. “Van die 70 deelnemers het net 26 hengelaars ingeweeg, met 54 visse met ‘n totale gewig van 100.14kg,” sê voorsitter Philip Fourie.

“Ons volgende kompetisie is ons groot jaarlikse Interklub Kompetisie en sal op Saterdag, 16 April 2016 plaasvind,” sê Philip. “Gedurende hierdie kompetisie hengel ons teen verskeie ander klubs.” Hy bedank graag die klub se getroue ondersteuners en gereelde borge.

Vir navrae kan Philip Fourie by 076-069-6815 gekontak word, of stuur ‘n e-pos aan hom by fouriephilip2@gmail.com.

Hardus Botha

Pearly Beach hou lyne styf

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.