Riaan groet Brandweer

Riaan groet Brandweer

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Riaan Jacobs, bekend as Overstrandse Hoof: Brandweerdienste en Rampbestuur, het besluit om op 31 Oktober vanjaar die tuig (brandslang?) ná 40 jaar neer te lê.

Overstrand Munisipaliteit het tydens die Oktober-Raadsvergadering amptelik van Riaan afskeid geneem. Sy lang loopbaan strek oor 'n tydperk van meer as 30 jaar in diens van Overstrand Munisipaliteit, plus 'n verdere 10 jaar van diens by die Caledon Afdelingsraad / Overberg Streekdiensteraad. Overstrandse burgemeester, rdl Nicolette Botha-Guthrie het hom geloof vir sy rol om die munisipale brandweer tot een van die voorstes in die Wes-Kaap uit te bou. Hy was die eerste amptenaar om heeltyds in dié pos aangestel te word en by sy uittrede het die diens bestaan uit 13 permanente personeellede en 70 reserviste, asook nege groot pompe (brandweerwaens) en etlike kleiner bakkie-eenhede. Sy het ook gesê sy is dankbaar dat hy kan getuig dat sy vele jare by die munisipaliteit gelukkige jare was.

Vlnr is Coenie Groenewald (Munisipale Bestuurder), Riaan Jacobs en rdl Nicolette Botha-Guthrie (Overstrandse burgemeester)

Riaan is op 21 Mei 1956 in Pinelands, Kaapstad gebore. Ná skool verwerf hy die Nasionale Diploma: Openbare Gesondheid in 1970 aan die Kaapse Tegnikon, met 'n hele reeks kursus-sertifikate vir bestuursvaardighede, personeel en administrasie, rampbestuur, brandvoorkoming, noodhulp en vele ander daarna. Op 25 April 1987 tree hy met Dorethea, tans die welbekende Suster-in-Bevel van Gansbaai Kliniek, in die huwelik. Twee dogters, altwee bekendes in die omgewing, is uit die huwelik gebore: Hanrie (23) en Berna (21). Die gesin het hulle gedurende 1993 permanent in Gansbaai kom vestig. Riaan se belangstelling in brandbestryding het reeds tydens sy opleidingsjare in die Suid-Afrikaanse Vloot gedurende 1974/75 begin, waar hy in navigasie en brandbestryding opleiding ontvang het. In 1976 aanvaar hy diens by die Kaapstadse Munisipaliteit, waarna hy tot en met 1982 verskeie poste in Boubeheer, Omgewingsgesondheid en Wetstoepassing beklee. Vanaf 1982 tot 1992 werk Riaan by die Caledon Afdelingsraad / Overberg Streekdiensteraad, waar hy vinnig tot Senior Omgewingsgesondheidsbeampte vorder en ook as vrywillige brandweerbeampte diens doen. Daarmee saam aanvaar hy verantwoordelikhede soos Bestuurder: Vullisverwydering en Stortingsterreine en Projekbestuurder vir bouwerk in vakansie-oorde en publieke geriewe. Op 1 Januarie 1993 word hy na Gansbaai Muni-sipaliteit / Overstrand Munisipaliteit oorgeplaas. Hier loop sy beroepspaadjie soos volg: Senior Omgewingsgesond-heidsbeampte; sedert 1994 Hoof: Gesondheid; sedert 1998 Hoof: Gemeenskapsdienste, wat afdelings soos Gesondheids-dienste, Brandweer, Rampbestuur, Behuising, Sanitasie, Openbare Geriewe en Geboue, Natuurbewaring en Begraaf-plase ingesluit het. In 2002 word hy as Overstrand se Hoof: Brandweerdienste en Rampbestuur, aangestel.

Enige afgetredene wat in goeie gesondheid verkeer, beplan iets om homself mee besig te hou. "In my geval gaan ek op my geliefkoosde stokperdjies, fotografie en houtwerk, fokus," sê Riaan. "Maar sedert my aftrede het ek soveel werk by die huis, ek verlang klaar terug werk toe!" Hy is lankal reeds 'n gewilde (en bekwame!) klublid van Gansbaai Fotografieklub waar hy op sy stil manier gereelde positiewe en relevante bydraes lewer. Riaan word alle sterkte met sy aftredingsjare toegewens. 
Hardus Botha
 

Riaan groet Brandweer

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.